Die maputalandbruidsbos (Pavetta vanwykiana) is 'n struik wat deel van die Rubiaceae familie is. Die spesie is inheems aan Mosambiek en Suid-Afrika. In Suid-Afrika kom die spesie vanaf die Mkhuze-wildreservaat en Tembe-olifantpark noordwaarts tot in Mosambiek voor. Die spesie blom van September tot November.

Die struik se FSA-nommer is 721.3.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/ en is na die Suid-Afrikaanse botanikus Abraham Erasmus van Wyk vernoem.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online Biodiversityadvisor

vanwykiana Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika