Die Sneeubergpas in die omgewing van Murraysburg in die Wes-Kaap is dikwels onbegaanbaar weens vloede en sneeu.
Die pas is op die grondpad DR2403 tussen Murraysburg en Nieu-Bethesda, in die Winterhoekberge en net suid van die punt waar die provinsies Oos-Kaap, Noord-Kaap en die Wes-Kaap ontmoet. Vanaf hierdie pas is daar pragtige vergesigte oor die Karoo.
Kategorie:Bergpasse van Suid-Afrika