Geelbeksvlei is ‘n moerassige laagte noord van Mosselbaai.
Hierdie nat oewergebied van die Brandwagrivier lê tussen plase langs die Blesbokpad (die DR1581), ‘n verbindingspad tussen die dorp Brandwag (langs die R328 pad tussen Oudtshoorn en Mosselbaai) en die dorp Klein-Brakrivier (langs die N2-hoofroete). Die vlei is rondom die punt waar die Brandwag- en die MoordkuilrivIer by mekaar aansluit om dan saam seewaarts bekend te staan as die Klein-Brakrivier.
Tydens sekere weersomstandighede is die pad verby die vlei onbegaanbaar. Aan die vlei is ‘n woonwapark.
Voëlkyk Geelbeksvlei is 'n gewilde voëlkykplek.
Spesies sluit in: Visarend Afrikaanse vleivalk Afrika-lepelaar Waterdikkop Grootswartvlerkkiewiet Grysborstjagra Kardinaalspeg Knysnaspeg Knysnaruigtesanger Kuifkopvisvanger
Lees ook Die Vleie
Verwysings
Kategorie:Mere in Suid-Afrika Kategorie:Voëlkyk