Suid-Afrikaanse Lugmag-vlug Datum: 9 Oktober 1943 Oorsaak: Meganiese probleme Plek van ramp: 25°50’48”S and 28°18’46”E, naby die Rietvleidamdigby Pretoria, Suid-Afrika Sterftes: 3 Beserings: 0 Vliegtuig Tipe: Lockheed PV-1 Ventura Mk V Vliegtuig Stertnommer: Oorsprong: Ndola Bestemming: Lugmagbasis Germinston Passasiers: 0 Bemanning: 3 Oorlewendes: 0

Die Rietvlei-vliegtuigongeluk van 1943 het op 9 Oktober 1943 plaasgevind toe 'n Lockheed PV-1 Ventura Mk V van die Suid-Afrikaanse Lugmag (SALM), met identifikasienommer 6426, op die plaas Rietvallei (377) naby die Rietvleidam buite Pretoria neergestort het. Al drie bemanningslede luitenant Christopher Hastings Nethersole (vlieënier 1917-1943), lt. Mackenzie Stewart Rogan (draadlose operateur 1913-1943) en George Henry Stiles (lugwerktuigkundige 1922–1943) sterf in die ongeluk. Die vliegtuig het van Ndola in die destydse Noord-Rhodesië opgestyg as deel van ‘n vlug van vier Ventura Lockheeds op ‘n afleweringsvlug vir die SALM gedurende die Tweede Wêreldoorlog. ‘n Gedenkteken ter herdenking van die dood van C.H Nethersole, M.S Rogan en G.H Stiles wat bestaan uit ‘n klein obelisk, is op die terrein waar die ongeluk plaasgevind het opgerig. Vandag val die gedenkterrein binne die gronde van die Hoofkwartier van Suid-Afrika se Staatsveiligheidsagentskap (SSA).

Teen die tyd dat een van hierdie vliegtuig in Oktober 1943 naby Pretoria neergestort het, was hierdie tipe vliegtuig dus slegs ongeveer 8 maande operasioneel. Alhoewel dit meestal 'n operasionele vliegtuig was, het die Ventura ook soms gedien vir die opleiding van vlieëniers, veral met betrekking tot 'tweemotorige omskakeling' en algemene verkenning. Die hanteringseienskappe, tesame met 'n taamlik veeleisende / ingewikkelde brandstofstelsel, het die Ventura 'n reputasie onder vlieëniers as 'n “warm skip” gegee.

Agtergrond Teen 1942 het Duitse duikbootaktiwiteit langs die Suid-Afrikaanse kus 'n hoogtepunt bereik en dit is as 'n ernstige bedreiging vir skepe beskou. In 'n poging om groter sekuriteit te bied aan die vlootkonvooie wat die seeroete om die Kaap bevaar het, het die Suid-Afrikaanse Lugmag haastig bestaande fasiliteite by ses bykomende vliegvelde langs die kus gebou of aangevul.

Die Britse owerhede het terselfdertyd addisionele vliegtuie aan die SALM toegeken om die nuwe kusbasisse te beman en die lugpatrollies ter beskerming van geallieerde skeepsvaart teen Duitse duikbote te versterk.Kleynhans, E. (2016). The German Submarine Offensives off the South African Coast, 1942–1945. Konferensie: “The World Wars and/in Africa” Symposium by die Johannesburg-universiteit. https://www.researchgate.net/publication/325060652_The_German_Submarine_Offensives_off_the_South_African_Coast_1942-1945?utm duimnael|‘n Gedenkteken ter herdenking van die dood van C.H Nethersole, M.S Rogan en G.H Stiles op die terrein waar die ongeluk plaasgevind het opgerig. Foto geneem in 2018.

Aflewering links|duimnael|Lockheed PV-1 Ventura by die Suid-Afrikaanse Lugmagmuseum in Swartkop, Pretoria Gedurende die vroeë stadiums van die Tweede Wêreldoorlog (d.w.s. voor die aankoms van die Venturas) is vliegtuie wat deur die RAF na Suid-Afrika gestuur is vir gebruik deur die SALM, deur die RAF in kratte geplaas en toe in dele na Suid-Afrika verskeep. Met aankoms in Suid-Afrika is die vliegtuie uit hul kratte uitgepak, weer aanmekaargesit en toe by 'n Lugdepot getoetsvlieg, vanwaar hulle na die binneland gevlieg is vir toewysing en aflewering aan hul aangewese SALM-eenhede.

Hierdie prosedure het egter begin verander toe die SALM Venturas begin ontvang het. Die Venturas is volledig gemonteer deur die RAF aan die SALM in Accra aan die Goudkus (vandag Ghana) afgelewer. Van Accra is die vliegtuie deur SALM-bemannings na die lugmag basis Germiston (vandag Randse Lughawe), in die Unie gevlieg aangesien hierdie bemannings reeds operasioneel op die Venturas was. Dit is nie duidelik hoeveel tussenlandings die vliegtuie gemaak het terwyl hulle op pad na Suid-Afrika was nie. Die roete is egter bekend. Die vliegtuie het oor die algemeen die volgende roete van Accra na Germiston gevolg: Accra– Lagos– Port Lamy– El Genema, El Fasheer El Obeid– Juba– Kisumu– Tabora- Kasama– Ndola– Lusaka– Sauerdale– Germiston.

By die lugmag basis Germiston het die vliegtuie hul SALM-kentekens ontvang en daarna aan die verskillende kuseskaders toegeken. Om redes van nasionale veiligheid – die RAF en SALM wou nie die bestaan van 'n afleweringsdiens tussen Accra en die Unie bekendmaak nie, is al die vliegtuie met RAF-kentekens en reeksnommers gevlieg, alhoewel die SALM-reeksnommers reeds toegeken was.

Aanloop en ongeluk duimnael|Swart sirkel dui plek van die Rietvlei-vliegtuigongeluk aan. Die formasie van vier Venturas het vanaf Ndola vertrek met voldoende brandstof vir die vlug na Germiston. Tydens die reis het die formasieleier, nadat daar vroeër 'n brandstoflek aan luitenant Nethersole se vliegtuig herstel is, sy brandstofstatus nagegaan. Albei vliegtuie het toe nog ongeveer 350 liter brandstof gehad.

Omstreeks 10:15, ongeveer 64 km noordwes van Pretoria en op 'n hoogte van sowat 2 300–2 400 m, het Nethersole gerapporteer dat die linkerenjin afgeskakel het en dat hy sukkel om hoogte te handhaaf. Hy het later aangedui dat daar geen brandstofdruk was nie en dat die brandstofpomp ook onklaar geraak het. Aanvanklik kon hy die vliegtuig nog met die regterenjin in die lug hou.

Kort daarna het die situasie versleg en Nethersole het toestemming versoek om sy eksterne brandstoftenks af te werp. Die formasieleier het ingestem en hom aangeraai om na die militêre vliegveld by Wonderboom uit te wyk. Nethersole het sy hoogte as ongeveer 1 920 m gerapporteer, maar het daarna meegedeel dat die brandstoftenks moontlik nie losgekom het nie.

Terwyl hy probeer het om sy posisie ten opsigte van Wonderboom te bepaal, het Nethersole uiteindelik berig dat hy nie meer hoogte kon handhaaf nie en waarskynlik nie die vliegveld sou bereik nie. Hy het gevolglik besluit om 'n noodlanding in oop terrein te probeer. Die ligging van die wrak dui daarop dat die vliegtuig suid van sy beoogde roete na Wonderboom beweeg het voordat dit neergestort het.

Die groepleier het Nethersole se besluit om 'n noodlanding te probeer, erken en die inligting aan Germiston deurgegee. Daarna kon die groepleier geen verdere radiokontak met luitenant Nethersole maak nie, en hy het gevolglik 'n lid van die formasie opdrag gegee om 'n soektog na luitenant Nethersole se vliegtuig te begin. Die res van die formasie het intussen voortgegaan na Germiston, en terwyl hulle land, het hulle 'n boodskap ontvang - moontlik van die vlieënier van die vliegtuig wat uitgestuur is om na hom te soek, dat luitenant Nethersole se vliegtuig neergestort het.

Afloop duimnael|Gedenkplaat ter ere van slagoffers van die Rietvlei-vliegtuigongeluk in 1943. Die ongeluk van Lt. Nethersole se Ventura is eerstehands deur ten minste twee ooggetuies gesien. Albei het later getuig dat hulle die vliegtuig op 'n hoogte van ongeveer 30 voet "omgekeer het (d.w.s. die Ventura het vermoedelik in 'n linkerhandse rol gegaan, maar kon nie die rol voltooi nie weens 'n gebrek aan hoogte), waarna dit teen die grond neergestort en in vlamme uitgebars het. Die ongeluksverslag het later verklaar dat die omvang van die skade op ongeveer 99% geraam is - daar was min of meer niks van die vliegtuig oor na die brand nie.

Een van die eerste SALM-amptenare op die toneel, wat van Waterkloof af gestuur is, het later berig dat hy met aankoms Lt. Nethersole se liggaam buite die vliegtuig gevind het, waar laasgenoemde vermoedelik tydens die ongeluk gegooi is, met veelvuldige ernstige beserings. Hy was reeds dood en is geïdentifiseer op grond van dokumente wat in sy sak gevind is. Dieselfde amptenaar het ook berig dat hy ook twee ander liggame in die brandende vliegtuig kon sien, wat albei onherkenbaar verkool was. Na landing in Germiston het Lt. Nethersole se Groepleier ook onmiddellik na die ongelukstoneel gegaan en daarin geslaag om Nethersole se identiteit te bevestig. Hy het ook daarin geslaag om Lt. Rogan, die radio-operateur, te identifiseer op grond van sy posisie aan die linkerkant van die vliegtuig waar die radio-operateur normaalweg tydens 'n vlug gestasioneer sou wees.

Die daaropvolgende ondersoekraad, bestaande uit kundiges, sou oorweeg het of die ongeluk veroorsaak is deur 'n menslike faktor, soos vlieëniersfout; deur meganiese mislukking; of deur vyandelike optrede, insluitend sabotasie (wat 'n werklike bedreiging op daardie stadium in Suid-Afrika was, gegewe die aktiwiteite van die pro-Duitse Ossewabrandwag-beweging).

Ongeluksverslag duimnael|Inleiding van die Rietvlei-vliegtuigongeluk  (1943) se ongeluksverslag. In die finale ongeluksverslag wat deur die amptelike ondersoekraad saamgestel is, is daar onderskei tussen 'n primêre en 'n sekondêre oorsaak van die ongeluk. Chronologies moet die sekondêre oorsaak eintlik eers gelees word, en dan die primêre oorsaak: Die sekondêre oorsaak van die ongeluk verklaar dat die ongeluk plaasgevind het toe die vlieënier 'n gedwonge landing met een enjin probeer doen het, toe die vliegtuig op 'n hoogte van ongeveer 30 voet omgedraai het, die grond getref en in vlamme uitgebars het. Die primêre oorsaak van die ongeluk is bepaal as die feit dat die linker enjin afgeskakel het, en dat die vlieënier nie hoogte kon handhaaf op slegs die oorblywende een enjin nie.

Verwysings

Bibliografie Bernhardt, Wilhelm, 2018. The S.A.A.F Memorial at Musanda (Rietvlei)- A Concise Historic Overview. http://bloms.co.za/pen/Aircraft%20Crash%20Rietvlei.pdf

Kategorie:Vliegongelukke Kategorie:Pretoria