thumb|300px|Die Vera C. Rubin-sterrewag en die Melkweg.

Die Vera C. Rubin-sterrewag, voorheen die Groot Sinoptiese Opnameteleskoop (Engelse afkorting: LSST), is 'n sterrewag in die streek Coquimbo in Chili. Sy hooftaak is om elke paar nagte 'n opname te maak van die suidelike naglug en oor 10 jaar 'n tydsverlooprekord daarvan op te stel met die naam Legacy Survey of Space and Time (ook afgekort as LSST).. Die sterrewag is geleë op die El Peñón-piek van Cerro Pachón, 'n 2 682 meter hoë berg in Noord-Chili. Die basis is sowat 100 km van die sterrewag in La Serena geleë.

|300px|links|thumb|Die sterrewag op die berg Cerro Pachón in Sentraal-Chili. Dit is genoem na Vera Rubin, 'n Amerikaanse sterrekundige wat ontdekkings van galaktiese rotasietempo's gelei het. Sy en haar span het ook die aard van donker materie nagevors.

Die Rubin-sterrewag huisves die Simonyi-opnameteleskoop, 'n wyeveld-refleksieteleskoop met 'n primêre spieël van 8,4 meter. Foto's word geneem deur 'n 3,2-pieksel-kamera, die grootste kamera want nog gebou is.

Rubin sal na verwagting miljoene supernovas afneem, asook meer as vyf miloen asteroïede (insluitend ~100 000 nabyaardevoorwerpe), sowat 17 miljard sterre en 20 miljard sterrestelsels.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Sterrewagte