Jan Mens (18 September 1897, Amsterdam – 31 Oktober 1967, Amsterdam) was 'n Nederlandse skrywer.

Mens word in Amsterdam gebore as die seun van Jan Mens, 'n diamantslyper, en Helena Elisabeth Falke. Op 9-jarige leeftyd verloor hy sy vader; hierna moes sy moeder noodgedwonge as skoonmaakster werk om die pot aan die kook te hou. Mens het 'n ambagskool bygewoon en as meubelmaker gekwalifiseer, en bekom in 1922 'n vaste loopbaan. Dieselfde jaar trou hy met Abeltje Stenhuis.

In 1933 verloor Mens sy werk en begin hom as skrywer te bekwaam; aanvanklik skryf hy kinderboeke en -verhale. In 1934, onder die skuilnaam J. Rebel, word 'n seleksie maatskaplike sketse uitgegee onder die titel Rafels. In 1935 kom hy in kontak met die skrywer en oud-skoolhoof Theo Thijssen, wat hom van aanbevelings voorsien en sy manuskripte korrigeer. In 1938 wen Mens die Kosmos Eerstelingen Prijs vir jong skrywers met sy manuskrip Mensen zonder geld. Dit was die begin van sy deurbraak as skrywer. In die vroeë jare sestig, kort voor sy dood, was hy die skrywer met die beste verkope in Nederland. In 1971 maak Willy van Hemert die tv-reeks 'De kleine waarheid', gebaseer op die gelyknamige werk van Jan Mens. Willeke Alberti vertolk die hoofrol in hierdie kroniek.

Werke 1939 - Mensen zonder geld (roman, bekroon met die Kosmos-Eerstelingen-Prijs) 1940 - De gouden reael (eerste deel van die romansiklus 'Griet Manshande') 1941 - Koen, roman van een jongen 1943 - Waterland (roman) (later uitgegee onder die titel Goud onder golven) 1946 - Meester Rembrandt (historiese roman) 1947 - Amsterdam, paradijs der herinnering 1948 - De blinde weerelt (tweede deel van die romansiklus 'Griet Manshande') 1948 - Het leven en de wonderbare lotgevallen van Robinson Crusoe, bevattende een relaas van zijn verblijf op een onbewoond eiland, door hemzelf verteld (roman van Daniel Defoe, deur Mens verwerk) 1949 - Het goede inzicht (derde deel van die romansiklus 'Griet Manshande') 1950 - Er wacht een haven (roman) 1952 - De witte vrouw (historiese roman) 1953 - Elisabeth (historiese roman) 1955 - Op liefdes lichte voeten (vervolg op 'Koen') 1957 - Godt alleen d'eere (vierde deel van die romansiklus 'Griet Manshande') 1960 - Marleen (eerste deel van die De kleine waarheid-trilogie) 1961 - De redders van Engelmond (kinderboek) 1962 - Het heldere uur (tweede deel van die De Kleine Waarheid-trilogie) 1964 - Het kleine verschil (derde deel van die De Kleine Waarheid-trilogie)

Eksterne skakels Biografie in Biografisch Woordenboek van het Socialisme en de Arbeidersbeweging, 2012 http://www.iisg.nl/bwsa/bios/mens.html

Kategorie:Nederlandse skrywers Kategorie:Geboortes in 1897 Kategorie:Sterftes in 1967