duimnael|200px|Mesut Yilmaz as Eerste minister Ahmet Mesut Yılmaz (6 November 1947 – 30 Oktober 2020) was 'n Turkse politikus. Hy was die leier van die Moederlandparty van 1991 tot 2002 en het drie keer as Eerste minister van Turkye gedien. Sy eerste twee eerste ministerstermyne het slegs maande geduur (in 1991 en 1996), terwyl die derde van Junie 1997 tot Januarie 1999 gestrek het. Die eerste is beëindig deur 'n nederlaag in die 1991-verkiesings, die laaste twee deur die ineenstorting van Yılmaz se koalisieregerings. Eksterne skakels
Kategorie:Eerste Ministers van Turkye Kategorie:Geboortes in 1947 Kategorie:Sterftes in 2020