Die silwervaring (Alsophila dealbata), ook ponga [ˈpɒŋə] of punga [ˈpʌŋə] (van Maori: kaponga of ponga), is 'n boom wat deel van die Cyatheaceae-familie is. Die spesie is inheems aan Nieu-Seeland (beide die Noord- en Suideiland) en die Chathameilande. Dit is die nieamptelike nasionale plant van Nieu-Seeland en verskyn op die landswapen.
Nasionale embleem duimnael|links|Die wapen van Nieu-Seeland met die silwervaring se blare onder Die silwervaring word deur Nieu-Seelandse nasionale spanne in uiteenlopende sportsoorte in verskeie weergawes gebruik, sedert dit vir die eerste keer deur die New Zealand Natives tydens hulle 1888-toer na die Verenigde Koninkryk gebruik is. Baie van die Nieu-Seelandse nasionale spanne se byname is van die silwervaring ontleen, waaronder Silver Ferns (nasionale netbalspan), Black Ferns (nasionale vrouerugbyspan) en All Blacks (nasionale rugbyspan).
Nasionale spanne wat die silwervaring as hulle embleme gebruik: All Blacks en Black Ferns (rugby) Silver Ferns (netbal) All Whites (sokker) Tall Blacks (basketbal) Black Caps en White Ferns (krieket) Black Sticks Men en Black Sticks Women (veldhokkie) Span Nieu-Seeland (seilvaart) Iron Blacks (Amerikaanse voetbal)
Die silwervaring word ook dikwels as een van die Nieu-Seelandse amptelike embleme op Olimpiese Spele gebruik.
Galery
Verwysings
Bron Plants of the World
Eksterne skakels
dealbata Kategorie:Flora van die Chathameilande Kategorie:Flora van Nieu-Seeland Kategorie:Nasionale simbole van Nieu-Seeland