Die suikeresdoring (Acer saccharum) is 'n boom wat deel van die Sapindaceae-familie is. Die spesie is inheems aan Kanada en die Verenigde State. In Kanada kom die spesie in die provinsies Ontario, Quebec, Nieu-Brunswyk, Nova Scotia en Prins-Edward-eiland voor en sedert 1996 is dit die amptelike nasionale plant van dié land. Dit is 'n belangrike verskaffer van esdoringstroop en esdoringsuiker wat in albei lande vervaardig word.
Nasionale embleem duimnael|links|Die vlag van Kanada met die esdoringblaar in die middel Na die voorbeeld van die blare is die esdoringblaar op die Kanadese vlag ontwerp, waarvolgens na die boom ook as "Kanadese esdoring" verwys word. Beide die nasionale krieketspan en die nasionale rugbyspan van Kanada gebruik die nasionale plant in hulle embleme; die nasionale krieketspan se bynaam Maple leafers is ook aan dié plant ontleen. Die suikeresdoring is ook die amptelike staatsboom van die Amerikaanse deelstate New York, Vermont, Wes-Virginië en Wisconsin.
Verwysings
Bron Plants of the World
Eksterne skakels
saccharum Kategorie:Flora van Amerika Kategorie:Flora van Kanada Kategorie:Nasionale simbole van Kanada