Die 98ste Oscar-toekenningsaand is op 15 Maart 2026 in die Dolby-teater in Hollywood, Los Angeles, aangebied. Die Oscars, of Academy Awards, is in 24 kategorieë uitgedeel om erkenning te gee aan die rolprente van 2025. Die seremonie is in Amerika deur ABC uitgesaai en op Hulu gestroom.
Die komediant en podsender Conan O'Brien het die geleentheid vir die tweede agtereenvolgende keer aangebied, met Raj Kapoor en Katy Mullan wat vir die derde keer as uitvoerende vervaardigers teruggekeer het. Hasj Hamilton was die regisseur.
Die rolprent One Battle After Another het die meeste pryse (6) gewen, insluitend vir beste prent. Sinners het die meeste benoemings (16) gekry. Dit het vier daarvan gewen.
Pryse
Hier volg ’n lys van die belangrikste benoemdes. Die wenners word eerste genoem en is in vet druk.
Beste rolprent Beste regisseur One Battle After Another – Adam Somner (nadoods), Sara Murphy, Paul Thomas Anderson vervaardigers Bugonia – Ed Guiney, Andrew Lowe, Yorgos Lanthimos, Emma Stone, Lars Knudsen vervaardigers F1 – Chad Oman, Brad Pitt, Dede Gardner, Jeremy Kleiner, Joseph Kosinski, Jerry Bruckheimer vervaardigers Frankenstein – Guillermo del Toro, J. Miles Dale, Scott Stuber vervaardigers Hamnet – Liza Marshall, Pippa Harris, Nicolas Gonda, Steven Spielberg, Sam Mendes vervaardigers Marty Supreme – Eli Bush, Ronald Bronstein, Josh Safdie, Anthony Katagas, Timothée Chalamet vervaardigers The Secret Agent – Emilie Lesclaux vervaardiger Sentimental Value – Maria Ekerhovd, Andrea Berentsen Ottmar vervaardigers Sinners – Zinzi Coogler, Sev Ohanian, Ryan Coogler vervaardigers Train Dreams – Marissa McMahon, Teddy Schwarzman, Will Janowitz, Ashley Schlaifer, Michael Heimler vervaardigers | valign="top" | Paul Thomas Anderson – One Battle After Another Chloé Zhao – Hamnet Josh Safdie – Marty Supreme Joachim Trier – Sentimental Value Ryan Coogler – Sinners Beste akteur Beste aktrise Michael B. Jordan – Sinners Timothée Chalamet – Marty Supreme Leonardo DiCaprio – One Battle After Another Ethan Hawke – Blue Moon Wagner Moura – The Secret Agent Jessie Buckley – Hamnet Rose Byrne – If I Had Legs I'd Kick You Kate Hudson – Song Sung Blue Renate Reinsve – Sentimental Value Emma Stone – Bugonia Beste manlike byspeler Beste vroulike byspeler Sean Penn – One Battle After Another Benicio del Toro – One Battle After Another Jacob Elordi – Frankenstein Delroy Lindo – Sinners Stellan Skarsgård – Sentimental Value Amy Madigan – Weapons Elle Fanning – Sentimental Value Inga Ibsdotter Lilleaas – Sentimental Value Wunmi Mosaku – Sinners Teyana Taylor – One Battle After Another Beste oorspronklike draaiboek Beste verwerkte draaiboek Sinners – Ryan Coogler Blue Moon – Robert Kaplow It Was Just an Accident – Jafar Panahi; in samewerking met Nader Saïvar, Shadmehr Rastin, Mehdi Mahmoudian Marty Supreme – Ronald Bronstein, Josh Safdie Sentimental Value – Eskil Vogt, Joachim Trier | valign="top" | One Battle After Another – Paul Thomas Anderson Bugonia – Will Tracy Frankenstein – Guillermo del Toro Hamnet – Chloé Zhao, Maggie O'Farrell Train Dreams – Clint Bentley, Greg Kwedar |- ! style="background:#FAF0BE" | Beste animasieprent ! style="background:#FAF0BE" | Beste buitelandse rolprent |- | valign="top" | KPop Demon Hunters Arco Elio Little Amélie or the Character of Rain Zootopia 2 Sentimental Value (Noorweë, in Noorweegs, Sweeds en Engels) It Was Just an Accident (Frankryk, in Prsies en Azerbeidjans) The Secret Agent (Brasilië, in Portugees en Duits) Sirāt (Spanje, in Spaans, Frans en Arabies) The Voice of Hind Rajab (Tunisië, in Arabies) |- ! style="background:#FAF0BE" | Beste oorspronklike musiek ! style="background:#FAF0BE" | Beste oorspronklike liedjie |- | valign="top" | Sinners – Ludwig Göransson Bugonia – Jerskin Fendrix Frankenstein – Alexandre Desplat Hamnet – Max Richter One Battle After Another – Jonny Greenwood | valign="top" | "Golden" uit KPop Demon Hunters "Dear Me" uit Diane Warren: Relentless "I Lied to You" uit Sinners "Sweet Dreams of Joy" uit Viva Verdi! "Train Dreams" uit Train Dreams Beste kinematografie Beste visuele effekte Sinners – Autumn Durald Arkapaw Frankenstein – Dan Laustsen Marty Supreme – Darius Khondji One Battle After Another – Michael Bauman Train Dreams – Adolpho Veloso Avatar: Fire and Ash – Joe Letteri, Richard Baneham, Eric Saindon, Daniel Barrett F1 – Ryan Tudhope, Nicolas Chevallier, Robert Harrington, Keith Dawson Jurassic World Rebirth – David Vickery, Stephen Aplin, Charmaine Chan, Neil Corbould The Lost Bus – Charlie Noble, David Zaretti, Russell Bowen, Brandon K. McLaughlin Sinners – Michael Ralla, Espen Nordahl, Guido Wolter, Donnie Dean
Omstredenheid om Palestynse akteur Twee dae voor die seremonie het die benoemde rolprent The Voice of Hind Rajab ’n onderwerp van omstredenheid geword wat verband hou met toegangsbeperkings tot die Verenigde State. Dit het die Palestynse akteur Motaz Malhees verhinder om die seremonie by te woon.
Volgens Malhees was sy afwesigheid te wyte aan nuwe immigrasiemaatreëls in die VSA wat op 1 Januarie 2026 in werking getree het onder die tweede Trump-administrasie; dié maatreëls het die opskorting van visumuitreikings en toegangsbeperkings uitgebrei om reisigers in te sluit met dokumente wat deur die Palestynse Nasionale Owerheid (PNO) uitgereik of bekragtig is. Malhees het sy onvermoë om te reis in die openbaar aangekondig deur middel van ’n boodskap op Instagram waarin hy verklaar het dat “’n paspoort geblokkeer kan word, maar nie ’n stem nie”.
Die saak het uitgebreide dekking in die internasionale pers ontvang en is binne die breër politieke konteks van die seremonie geplaas. Dit het talle verklarings ingesluit rakende die Israelies-Palestynse konflik en ander polities gelaaide kwessies.
In Memoriam Tydens 'n huldeblyk aan mense in die rolprentbedryf wat deur die vorige jaar oorlede is, is segmente gewy aan spesifiek Rob Reiner, Diane Keaton, Catherine O'Hara, en Robert Redford.
Nog bekendes wat oorlede is en aan wie hulde gebring is, sluit in:
Terence Stamp (akteur) Sally Kirkland (aktrise) Claudia Cardinale (aktrise) Giorgio Armani (modeontwerper) Diane Ladd (aktrise) Graham Greene (akteur) Val Kilmer (akteur) Robert Duvall (akteur) Michael Madsen (akteur)
Verwysings
Eksterne skakels
98