Trump se Afrikaner-vlugtelingskap verwys na die Verenigde State van Amerika se beleid onder president Donald Trump Suid-Afrikaanse Afrikaners as vlugtelinge na die VSA te hervestig. Die beleid is in 2025 aangekondig en het internasionale debat ontlok oor plaasaanvalle, grondhervorming en Amerikaanse immigrasiebeleid.

Agtergrond Tydens sy 2024-verkiesingsveldtog het Trump herhaaldelik verwys na "Plaasmoorde in Suid-Afrika" en "wit volksmoord" in Suid-Afrika, stellings wat wyd deur Suid-Afrikaanse polisie-statistieke en menseregtegroepe betwis word. Ná sy inhuldiging in Januarie 2025 het die Withuis aangedui dat hy spesiale maatreëls vir Afrikaners ondersoek.

Aankondiging en beleid Op 7 Februarie 2025 het president Trump Uitvoerende Bevel 14201 onderteken: "Addressing Egregious Actions of the Republic of South Africa". Die bevel:

Skort VSA-hulp aan Suid-Afrika op, met verwysing na die Onteiningswet van 2024. Gee opdrag aan die State Department en DHS om Afrikaners te prioritiseer vir die US Refugee Addmissions Program USRAP. Skep 'n "Afrikaner Resettlement Initiative" onder die Bureau of Population, Refugees, and Migration

Die State Department het Afrikaners as 'n groep gedefinieer wat "ras-gebasseerde diskriminasie en geweld" ervaar. Aansoekers moes bewys lewer van Afrikaanse afkoms en 'n "gegronde vrees vir vervolging".

Implementering

Februarie 2025: Amerikaanse ambassade in Pretoria open 'n spesiale vlugteling-eenheid. Mei 2025: Eerste groep van 59 Afrikaners land op Dulles-lughawe, Virginia. Hulle is deur die staat Idaho en private borge verwelkom. Tot April 2026: Sowat 3 400 Afrikaners is volgens DHS-syfers harvesting, hoofsaaklik in Idaho, Texas en Montana.

Reaksies Suid-Afrikaanse regering

President Cyril Ramaphosa het die beleid as "feitlik verkeerd" en 'n "valse narratief van volksmoord" verwerp. DRICO het gesê misdaad raak alle Suid-Afrikaners en dat plaasaanvalle 0,3% van moorde uitmaak.

Afrikaner-organisasies

AfriForum: Het die skuif verwelkom as "erkening van krisis", maar gesê die meeste Afrikaners wil in SA bly. Solidariteit Beweging: Het die VSA bedank, maar beklemtoon dat emigrasie nie 'n volhoubare oplossing is nie. ANC en EFF: Het die beleid as "neokoloniale inmenging" en "rassistiese seleksie" beskryf.

Verenigde State

Demokratiese politici het die program gekritiseer as "ras-gebasseerde vlugtelingskap" terwyl Trump se eie administrasie vlugteling-totale uit ander lande drasties gesny het. Republikeine het dit as berskerming van 'n "vervolgde minderheid"

Menseregtegroepe

Amnesty International en Human Rights Watch het gesê Afrikaners ervaar wel misdaad, maar voldoen nie aan die VN-vlugtelingdefinisie van staatgedrewe vervolging nie. UNHCR het nie formele standpunt ingeneem nie.

Huidige status Die program duur voort, maar syfers het afgeneem. Die State Department rapporteer dat minder Afrikaners aansoek doen as ververwag, deels weens kulturele bande met SA en koste van hervestiging. Verskeie hofsake oor die grondwetlikheid van ras-spesifieke vlugtelingprioritiseering is hangende in die VSA.

Verwysings