Lance Taylor (17 April 1957 – 9 April 2026), professioneel bekend as Afrika Bambaataa (), was ’n Amerikaanse platejoggie, kletsrymer en platevervaardiger. Hy is bekend vir die vrystelling van ’n reeks genre-bepalende electro-snitte in die 1980’s wat die ontwikkeling van hip-hop-kultuur beïnvloed het. Afrika Bambaataa is een van die oorspronklike skeppers van breakbeat-DJ-ing.
Deur sy herorganisering van sy straatbende Black Spades in die musiek- en kultuurgeoriënteerde organisasie Universal Zulu Nation, het hy gehelp om hip hop-kultuur wêreldwyd te versprei.
In Mei 2016 het Bambaataa sy posisie as hoof van die Universal Zulu Nation verlaat te midde van verskeie bewerings van seksuele misbruik van kinders wat so ver terug as die 1970’s dateer.
Verwysings
Kategorie:Amerikaanse musici Kategorie:Kletsrymers Kategorie:Geboortes in 1957 Kategorie:Sterftes in 2026