duimnael| Inligting oor die scordatura van Rosekranssonate XI deur Heinrich Ignaz Franz Biber Scordatura ([skorda'tu:ra]; letterlik Italiaans vir 'twis' of 'misstemming') is die instemming van 'n snaarinstrument wat van die normale, standaardstemming verskil.Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. 2000. "Scordatura". Suid-Afrikaanse musiekwoordeboek Dit poog tipies om spesiale effekte of ongewone akkoorde of klankkleur te skep, of om dit makliker te maak om sekere gedeeltes te speel. Dit is algemeen om die vingerposisie te noteer asof dit in gewone stemming gespeel word, terwyl die werklike toonhoogte wat daaruit voortvloei, verander word (scordatura-notasie). Wanneer al die snare met dieselfde interval op of af gestem word, soos in die geval van die altviool in Mozart se Sinfonia Concertante vir Viool, Altviool en Orkes, word die deel as 'n geheel getransponeer.

Strykinstrumente

Die ontdekking van scordatura-stemming word grootliks toegeskryf aan Thomas Baltzar, 'n geniale Duitse violis en komponis wat daarvoor bekend is dat hy die scordatura-tegniek omstreeks die 1660's gebruik het. Dit is ten minste 'n dekade voordat Biber sy Rosekranssonates gekomponeer het, waarin hy die scordatura-tegniek gebruik het. Die Duitse violis Hans Hake het egter reeds in 1628 (dus voor 1667) drie werke in Vorstimmung ("opgestelde stemming") vir twee viole (#25, #29, en #33) in sy versameling "Ander Theil Newer Pavanen, …" (Stade: Elias Holwein, 1654) ingesluit, wat egter daarop dui dat die toeskrywing aan Baltzar moontlik onakkuraat mag wees.

Scordatura is in die vroeë 18de eeu baie deur komponiste gebruik wat vir die amoraltviool, viool en tjello gekomponeer het, insluitend J.S. Bach, Biber, Vivaldi, Ariosti, Vilsmayr en ander. 'n Spesiale tipe notasie is gebruik om dit makliker leesbaar te maak. Dié notasie is ook gebruik om musiek vir die amoraltviool te noteer, 'n instrument waarvoor komponiste soos Biber en Vivaldi gekomponeer en self bespeel het. Die amoraltviool het 'n groot aantal verskillende stemmings gebruik en om musiek daarvoor in scordatura-notasie te skryf, was 'n natuurlike keuse vir komponiste van die tyd.

Noemenswaardige gebruik van scordatura in Westerse kunsmusiek

Viool duimnael|220x220px|Viool met gekruiste snare vir Biber se Opstandingsonate

Heinrich Ignaz Franz Biber se Rozenkranz Sonaten vir viool and basso continuo (c. 1674). Buiten vir die eerste ("I. Mariaboodskap") en laaste sonatas ("16. Passacaglia") van hierdie werk (waarin die instrument volgens die gewone G-D-A-E-wyse gestem is), is die viool vir elke ander sonata volgens 'n verskillende reeks toonhoogtes gestem. Sonata 11 ("Opstanding") is 'n spesiale geval: Buiten 'n unieke scordatura, word die binneste twee snare van die viool tussen die brug en stertstuk oorkruis (sien foto hiernaas), wat 'n stemming van die boonste snaar ondertoe van G-g-D-d tot gevolg het. "Harmonia Artificiosa no. VII" in C-mineur is in 'n vorm van scordatura geskryf wat nege lyne beslaan. Johann Joseph Vilsmayr se "Artificiosus Consentus Pro Camera" is 'n stel van ses partitas wat in 1715 gepubliseer is. Die middelste vier partitas maak almal van scordatura gebruik. Johann Pachelbel se Musikalische Ergötzung bestehend in 6 verstimmten Partien (1691) is ses suites vir twee viole en basso continuo. Stemmings sluit in C-F-C-F, C-G-C-F, B-E-B-E, B-E-B-E, C-G-C-F, en B-F-B-E. In Antonio Vivaldi se vioolkonsert in A-majeur, op.9, no.6, word die viool se G-snaar in A gestem, wat 'n beeldskone resonante toonleer en arpeggiomotiefeinde vir die hergestemde viool tot gevolg het. Georg Philipp Telemann se Konsert in A-majeur vir twee viole, TWV 43:7. In Joseph Haydn se Simfonie no. 60 in C-majeur (Il Distratto) begin die eerste en tweede viole die finale van hierdie ongewone sesbewegingsimfonie met die laagste snaar gestem in F, wat dan, soos wat die simfonie vorder, na G opgestem vir 'n komiese effek. Die titel van die simfonie is "Die verstrooide man", nogal asof die viole "vergeet" het om hul viole te stem. Die musiek kom tot stilstand om die viole geleentheid te gee om hul viole te herstem voordat die simfonie weer voortgaan. Haydn gebruik ook 'n viool, waarvan die laagste snaar in F gestem is, in die trio van sy Simfonie no. 67 in F. Niccolò Paganini se Vioolkonsert no. 1 het aanvanklik vereis dat die snare van die soloviool 'n halftoon hoër gestem moet word om die oorspronklike toonaard van E-mol-majeur te gebruik. In Camille Saint-Saëns se Danse Macabre, word die vioolsolo se E-snaar in B-mol gestem. Dit verander die openingsintervalle van die dubbelgrepe A en E na die tritonus (A en E-mol), wat gebruik word vir die openingsmotief van die werk. Gustav Mahler gebruik scordatura vir die soloviool in die tweede beweging van sy Simfonie no. 4 in G-majeur. In dié geval het die komponis waarskynlik die spesifieke toonklank van 'n scordatura-viool vekies, wat 'n minder sagte toon is as dié van 'n viool wat volgens standaard gestem is. Franz von Vecsey se Nuit du Nord, 'n 1921-komposisie vir viool en klavier, vereis dat die G-snaar laer in F# gestem word. In Max Scherek se Sérénade et boléro vir vioolsolo, op. 27, tmoet die viool gestem word in F, F, D en, B-mol. Igor Stravinsky se Die vuurvoël vereis op rare – bes moontlik unieke – wyse dat die hele eerstevioolseksie om die E-snaar te herstem om die D-majeur- harmoniese glissandi van die inleiding te speel. In Béla Bartók se werk Kontraste, vir klarinet, viool en klavier, vereis in die openingsmates van die derde beweging 'n verskillende instemming (G#, D, A en E-mol) op 'n aparte viool vir 'n Hongaarse volksdanseffek. Richard Strauss se toondig ’n Heldelewe, asook sy opera Elektra sluit passasies waarin die viole hul G-snaar moet laer stem om 'n G-mol of F# te kan speel. György Ligeti se Vioolkonsert. John Corigliano se Stomp vir vioolsolo (2010) vereis dat die twee buitesnare laer gestem word: E, D, A en D#. Eugène Ysaÿe se Poème élégiaque vereis dat die laagste snaar laer in F gestem word.

Amoraltviool

In die oorspronklike weergawe van Vivaldi se opera Tito Manlio (Mantua, 1719), bevat Servilia se aria "Tu dormi in tante pene" ook 'n obbligaatparty vir amoraltviool wat scordatura is. Hierdie deel sou Vivaldi ongetwyfeld self gespeel het: Hy was die enigste bekende speler van dié instrument aan die hof van die Hertog van Hesse-Darmstadt in Mantua, wat toe sy werkgewer was en vir wie hierdie opera geskryf is. Die obbligaatdeel is op kleiner papier wat in die eerste vioolparty ingevoeg is. Vivaldi sou die orkes vanuit die konsertmeesterstoel gelei en eerste viool gespeel het, wat hy dan vermoedelik vir die amoraltviool verruil het vir hierdie aria. Die aria "Quanto Magis Generosa" in Vivaldi se Oratorium Juditha triumphans (1716) bevat ook 'n obbligaatdeel vir die amoraltviool wat ook scordatura gestem is. Hierdie stuk is geskryf vir die Ospedale della Pieta en die obbligaatdeel sou óf Vivaldi self gespeel het, óf Anna Maria del Violino, een van die senior musici daar destyds wat 'n bekende speler van die amoraltviool was. Vreemd genoeg is al Vivaldi se ander werke vir amoraltviool (agt konserte en twee obbligaatnommers in verskillende toonsettings van die Nisi Dominus) in normale notasie op normale toonhoogte geskryf.

Altviool

Mozart het die altvioolsoloparty vir sy Sinfonia Concertante 'n halftoon laer geskryf, terwyl die altviool se snare 'n halftoon hoër gestem moet word na D-mol, A-mol, E-mol en B-mol. Dié party is dus in D-majeur geskryf (terwyl die toonsoort van die werk E-mol-majeur is). Dit was algemene praktyk van daardie tyd om die toonhoogte van die oop snare te verander sodat die altviool harder kon klink (en dus beter hoorbaar was) in die simfonieorkes; trouens, 'n hoër spanning in 'n snaar verskerp nie net die toonhoogte nie, maar laat dit ook helderder klink, met die hardste klank wat verkry word op die punt net voor die snaar breek. Ander altvioolconcerti wat hierdie tipe scordatura toepas, is deur Carl Stamitz, Johann Baptist Wanhal, Johann Andreas Amon, Jiří Družecký, Johannes Matthias Sperger en Johann Georg Hermann Voigt gekomponeer.Riley, Maurice W. 1991. The History of the Viola, Volume II. Ann Arbor, Michigan: Braun-Brumfield, bl. 138–143. Die fragment van Mozart se Sinfonia Concertante vir viool, altviool en tjello is eweneens in A-majeur gekomponeer, maar die altvioolparty is in G-majeur geset en die snare daarvan 'n hele toon hoër gestem. In Carl Nielsen se Hymnus amoris, op.12, word die altviole se C-snaar van maat 494 tot die einde (maat 606) na die laer A afgestem. In Richard Strauss se Don Quixote word die solo-altviool die C-snaar na B afgestem. In Géza Frid se Sonatina vir altviool en klavier, op. 25 (1946) word die altviool se onderste twee snare vir die vierde beweging 'n halftoon hoër gestem, wat lei tot C#, G#, D en A.

Tjello

Johann Sebastian Bach se Vyfde Tjellosuite is geskryf met die A-snaar (die hoogste snaar) 'n heeltoon afgestem na 'n G. Hierdie aanpassing laat akkoorde toe wat moeilik of onmoontlik sou wees as die snaar in A gestem sou wees. Die suite word soms wel met standaardstemming gespeel, maar sommige toonhoogtes moet dan verander word, en af en toe moet note verwyder word om die stemming te akkommodeer. Robert Schumann se Klavierkwartet in Es-mol, op. 47 vereis dat die tjellis die C-snaar vir die laaste 42 mate van die derde beweging na B-mol afstem. In Igor Stravinsky se Le Sacre du Printemps (Engels: The rite of spring) moet die tjello's in die laaste akkoord die A-snaar na G♯ opstem sodat dit "oop" (sonder dat 'n vinger die snaar neerdruk en dus meer resonant klink) as deel van 'n viervoudige register gespeel kan word. Vir Ottorino Respighi se toongedig Die denne van Rome se derde beweging moet die tjello's die lae C-snaar tot 'n B afstem. Die basviole moet ook óf 'n vyfde lae B-snaar hê, óf 'n C-uitbreiding tot die B afstem in die derde en vierde bewegings. Zoltán Kodály se Tjellosonata vir solotjello in B-mineur maak gebruik van 'n tjello waarvan die twee laagste snare van G en C na F# en B afgetsem word om die toonsoort met herhalende B-mineurakkoorde te beklemtoon. Luciano Berio se Sequenza XIV vereis dat die G-snaar tot 'n G# gestem word, om die Kandiaanse (Sri Lankse) trompassasies beter uit te beeld, asook om ekstreme dissonansies oor al vier snare te skep. Die tjello in George Crumb se kamerwerk Vox Balaenae (vir elektriese fluit, elektriese tjello en elektriese klavier) se tradisionele CGDA-stemming word verander na B-F#-D#-A, wat daarop gemik is om die B-majeur-toonaard te beklemtoon wat in die laaste beweging na vore kom. Die tjello in Paul Hindemith se tweede strykkwartet stem die C-snaar afwaarts na B-mol vir 'n deel van die derde beweging. Die tjellosolis se laaste noot van Andrew Lloyd Webber se Variasies vereis dat die tjellis in een beweging speel én herstem, wat 'n dramatiese glissando-effek tot die A onder die tjello se normale laagste noot van C skep.

Basviool Die basviool moet soms note speel wat laer is as die E waarin die laagste snaar normaalweg gestem is. Dit word gedoen met 'n spesiale meganiese verlengstuk waarmee sommige basviole toegerus is, of die komponis kan die basviool versoek om sy E-snaar laer te stem, soos byvoorbeeld in die derde beweging van Brahms se Requiem, waarin Brahms sommige van die kontrabasse die E-snaar na D laat afstem om die lae D- pedaalpunt te behou. Dit kom ook voor in die negende beweging van Ma mère l'oye (Cinquième tableau – Laideronnette, impératrice des Pagodes), waarin Ravel die basviole hul E-snare 'n halftoon laat verlaag. George Crumb se A haunted landscape vereis dat twee basvioliste C-verlengstukke gebruik en steeds verby dit afstem na B-mol. Ander soorte scordatura kom die algemeenste voor in solo-basvioolliteratuur, insluitend een wat al vier snare 'n hele toon na F#'-B'-E-A opstem.

Kitaar