Dinamo Minsk (Belarussies: ФК Дынама Мінск; Russies: ФК Динамо Минск) is ’n Belarussiese professionele sokkerklub gebaseer in die hoofstad Minsk.
Die klub is in 1927 gestig as deel van die Sowjet-Dinamo Sportvereniging en was die enigste klub van die Wit-Russiese SSR wat aan die Sowjetse Topliga deelgeneem het. Hulle het 39 van die 54 seisoene gespeel en die titel in 1982 gewen. Sedert die onafhanklikheid van Belarus neem die klub deel aan die Belarussiese Premierliga, en het tot dusver 9 ligatitels en 3 Belarussiese bekers gewen.
Dinamo speel sy tuiswedstryde by die Dinamo-stadion in Minsk, wat ’n kapasiteit van 22 246 het. Dinamo is die tweede Belarussiese span, ná BATE Barisaw, wat die UEFA Europa League-groepe bereik het (2014/15 en 2015/16).
Sien ook
Dinamo Kijif Dinamo Moskou
Verwysings
Eksterne skakels Amptelike webwerf
Kategorie:Belarussiese sokkerklubs