Something Very Bad Is Going to Happen is 'n Amerikaanse rillerminireeks vir televisie wat deur Haley Z. Boston vir Netflix geskep is. Boston is ook die hoof- uitvoerende vervaardiger. Camila Morrone en Adam DiMarco speel die hoofrolle, dié van 'n verloofde paartjie wat voor hulle huwelik probleme ondervind. Die prent is op 26 Maart 2026 uitgereik.
Storielyn
Die storie gaan oor 'n vloek wat op Rachel se familie rus. Sy en Nicky is verloof en gaan 'n week later trou. Hulle reis na sy ouerhuis, waar die huwelik gaan plaasvind. Voordat hulle egter afhaak, gebeur iets baie ergs wat die troue in gevaar stel en noodlottige gevolge vir sy familie het.
Hoofakteurs Camila Morrone as Rachel Adam DiMarco as Nicky, Rachel se verloofde Gus Birney as Portia, Nicky se suster Jeff Wilbusch as Jules, Nick se ouer broer Karla Crome as Nell, Jules se tweede vrou Sawyer Fraser as Jude, Jules se seun Ted Levine as Boris, Nicky se pa Jennifer Jason Leigh as Victoria, Nicky se ma Zlatko Burić as Die Getuie Victoria Pedretti as Alexandra Harkin, Rachel se oorlede ma Josh Hamilton as Die Indringer / Jay, Rachel se vervreemde pa
Ontvangs Op Rotten Tomatoes was 82% van die 33 resensies positief. Die webtuiste se konsensus lui: "Deur gruwel en atmosferiese storievertelling op 'n opwindende manier te kombineer, vervoer Something Very Bad is Going to Happen op 'n vaardige manier die senuweeagtigheid van pasgetroudes na die surrealistiese wêreld van binge-waardige televisie.Op Metacritic het die reeks 'n punt van 64 uit 100 gebaseer op 19 resensies, wat dui op 'n "algemeen gunstige" ontvangs.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Amerikaanse televisiereekse