thumb|190px|Die runesteen U 241 is omstreeks 1050 deur die kleinkinders van Ulfríkr in Lingsberg, Uppland, Swede, opgerig ter herdenking van die Danegeld wat hy twee keer in Engeland ontvang het.

Danegeld (letterlik "Denegeld") was 'n belasting wat in beide Engeland en die Frankiese Ryk gehef is om beskermingsgeld aan die Wikingveroweraars te betaal sodat die lande nie geplunder word nie. Dit was van die negende tot die elfde eeu die gebruik om sulke geld in te samel, vir 'n heffing aan die aanvallers sowel as 'n soldy aan die verdedigingsmagte.

Die Wikings se ekspedisies na Engeland was gewoonlik onder leiding van Deense konings, maar die magte het bestaan uit vegters van oor die hele Skandinawië, en hulle het gewoonlik meer as 100 ton silwer huis toe gebring. Die term "Danegeld" is van die laat 11de eeu af in Engeland gebruik; dit was voorheen as gafol ("heffing") of gyld bekend.

Verwysings

Nog leesstof Encyclopædia Britannica

Skakels

Kategorie:Geskiedenis van Engeland