Die Elandsfontein-fort by Fochville dateer uit die tyd van die Groot Trek.

Ligging Die bouval van die skans is ongeveer ‘n 4 km met Kerkstraat wes uit die middedorp en voor die straat aansluit by die N12-hoofpad. Dit is by 26° 28′ 44″ suid, 27° 26′ 10″ oos en so ‘n 2 km suidsuidwes van die Danie Theron-monument.

Geskiedenis Die Voortrekkers onder Andries Hendrik Potgieter het dit in 1842 gebou op die vooraand van die Britse besetting van Port Natal. Andries Pretorius het ‘n beroep op die Trekkers in die binneland gedoen om ‘n kommando te stuur om hulle te help. Die fortjie moes dien as beskerming van die vroue en kinders wat sou agterbly.

Fort Die vesting van klip was 24 m by 12 m met skietgate op twee hoeke om kruisvuur moontlik te maak. Oorspronklik was die mure 1½ m hoog. Dit is in 1956 tot monument verklaar.

Bibliografie Oberholster, J.J.: Die historiese monumente van Suid-Afrika. Kaapstad: Kultuurstigting Rembrandt van Rijn vir die Raad vir Nasionale Gedenkwaardighede, 1972

Kategorie:Groot Trek Kategorie:Gauteng Kategorie:Monumente en gedenkwaardighede in Suid-Afrika Kategorie:Forte in Suid-Afrika