Die Russiese Wassery, internasionaal bekend as The Russian Laundromat, was 'n skema om tussen 2010 en 2014 sowat $20 miljard tot $80 miljard uit Rusland te verplaas deur 'n netwerk wêreldwye banke, baie van hulle in Moldowa en Letland. Volgens die Britse koerant The Guardian is sowat 500 mense van betrokkenheid verdink; baie van hulle was ryk Russe.Global banks handled laundered Russian cash worth hundreds of millions in CNN deur Ivana Kottasova op 24 Maart 2017

Die skema is ontdek deur Global Laundromat, 'n ondersoek na die geldwassery. Volgens die tydskrif The New Yorker was die skema ook bekend as "The Global Laundromat" of "The Moldovan Scheme"."Deutsche Bank, Mirror Trades, and More Russian Threads" in The New Yorker deur Ed Caesar The Herald van Glasgow het geskryf dit is vermoedelik die wêreld se grootste en uitgebreidste geldwasseryskema."

Nuusondersoek Interne bankdokumente wat ongeveer 70 000 transaksies tussen 2011 en 2014 uiteensit, is verkry deur die Russiese koerant Nowaja Gazeta en die Georganiseerde Misdaad-en-Korrupsie-aanmeldingsprojek (OCCRP), wat daarna in Maart 2017 data uit die dokumente met verskeie mediamaatskappye gedeel het. Die Engelse term “Russian Laundromat” is deur die OCCRP geskep. Die dokumente wat ontleed is, het besonderhede van ongeveer 70 000 banktransaksies bevat, volgens die tydskrif van die finansiële, data- en mediamaatskappy Bloomberg, met 1 920 maatskappye in die VK en 373 in die VSA wat betrokke was.Laundered Russian Cash Went Through Big Banks, Guardian Says in Bloomberg

Die beweerde argitek van die skema is Veaceslav Platon, ’n Moldowiese sakeman en voormalige LP. Platon is een van die rykste mense in Moldowa,Вячеслав Платон – «идейный борец за денежные знаки» met besighede in die suiker- en banksektor in Moldowa en in kernenergie in Oekraïne. In 1994 het Platon visepresident van die administratiewe raad van die Moldowiese privaat bank Moldindconbank geword en later visepresident van die raad van ’n ander Moldowiese bank, Investprivatbank. Moldindconbank is die belangrikste een van die twee: Dit is op 1 Januarie 1959 gestig as ’n tak van die Finansieringsbank van Kapitaalbeleggings van die USSR om hoofsaaklik Moldowiese nywerhede en konstruksiebesighede te finansier, maar is herorganiseer toe die Sowjetunie val; vanaf 2022 is dit die tweede grootste bank in Moldowa volgens batewaarde. In 1998 het Platon die politiek betree as lid van die munisipale raad van Chisinau.Mafia lui Urechean, flux.md

Igor Poetin (Wladimir Poetin se neef) is ook met die skema verbind. Die skema het Rusland se elite in staat gestel om minstens $20 miljard uit Rusland te kanaliseer.

Banke wat glo betrokke was Die ondersoek het onthul $20,8 miljard is in 96 lande gewas. Volgens kenners van geldwassery is die geld aanvanklik na ’n netwerk van 21 dopmaatskappye in die VK, Siprus en Nieu-Seeland verskuif, waarna verdere betalings na ’n wyer groep maatskappye gegaan het, waarvan baie fiktief was.

Elf maatskappye wat in die VAE geregistreer is, is in die ondersoek genoem as moontlike dopmaatskappye wat die gewaste geld gefiltreer het, en die data het aangedui dat die VAE-geregistreerde maatskappye altesaam $434 076 385 ontvang het."UAE named in $20bn Russian money laundering scheme " in Arabian Business deur Sarah Townsend op 21 Maart 2017

Globale banke wat vermoedelik met die gewaste geld te doen gehad het, sluit Deutsche Bank, Standard Chartered en Barclays in. Daarna is berig $740 miljoen is deur Britse banke verwerk as deel van die skema. Op 20 Maart 2017 het die Britse koerant The Guardian berig honderde banke het gehelp om KGB-verwante geld uit Rusland te was, soos deur die Global Laundromat-ondersoek ontbloot is. Die Guardian het berig sowat 500 mense was vermoedelik betrokke, van wie baie welgestelde Russe is.

Op 27 Maart 2017 het The Herald in Skotland berig Skotse dopmaatskappye is as deel van die skema gebruik. Volgens die koerant was een manier om kapitaaluitvoerbeheer te omseil dat ’n Westerse maatskappy ’n vals lening aan ’n Russiese maatskappy maak. Die Russiese maatskappy sou doelbewus op die lening wanbetaal, en ’n korrupte hof in Moldowa sou die maatskappy gelas om die “skuld” te betaal.

The Guardian het geskryf dat die meeste van die maatskappye wat by die geldwassery betrokke was, in die VK geregistreer was en dat meer as die helfte van die geld na dopmaatskappye in Skotland, Birmingham en Londen gegaan het. Van die banke wat genoem is, is HSBC, the Royal Bank of Scotland, NatWest, Lloyds, Barclays en Coutts.

Citibank is onder die Amerikaanse banke wat genoem is as instellings wat die gewaste geld hanteer het, met banke in die VSA wat tussen 2010 en 2014 ongeveer $63,7 miljoen verwerk het. Citibank het glo $37 miljoen van dié bedrag verwerk.

In Sentraal-Asië is meer as $6 miljard onwettig verskuif, gewas of verduister uit Kasakstan se BTA Bank deur sy voormalige voorsitter en uitvoerende hoof, Moechtar Abljazof.

Reaksie van banke en Rusland In reaksie op die berigte het HSBC gesê hy is teen finansiële misdaad en dat die saak "die behoefte onderstreep aan die groter deling van inligting tussen die publiek en privaat sektore". Citibank en Standard Chartered het hulle in verslae teen die bedrywighede uitgespreek, terwyl onder meer Deutsche Bank en die Bank of America aanvanklik geweier het om aan die pers kommentaar te lewer.

Moldowa het op 9 Maart 2017 'n amptelike klag by Rusland gelê oor die geldwassery en het teen 23 Maart nog nie 'n amptelike reaksie gekry nie. Op 24 Maart 2017 het Moldowa gesê Rusland saboteer sy ondersoek na die Russiese Wassery deur Moldowiese amptenare wat deur Rusland reis te "verneder en mishandel". Op sy beurt het Rusland gesê sy eie amptenare word lastig geval en dat hulle gereed is vir "konstruktiewe samewerking" oor die saak.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Misdrywe