Die draaibossie (Felicia filifolia) is 'n klein struik wat deel van die Asteraceae familie is. Die spesie is inheems aan Lesotho, Namibië en Suid-Afrika. In Suid-Afrika kom die spesie in al die provinsies behalwe Limpopo voor.
Die spesie is deel van die fynbos-ekostreek en blom van Augustus tot Desember. Die spesie staan ook as die persbergdraaibos, persdraaibos en wilde-aster bekend.
Infraspesies Die spesie het vier infraspesies: Felicia filifolia subsp. bodkinii (Compton) Grau Felicia filifolia subsp. filifolia Felicia filifolia subsp. schaeferi (Dinter) Grau Felicia filifolia subsp. schlechteri (Compton) Grau
Galery
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Biodiversityadvisor
filifolia Kategorie:Flora van Lesotho Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika