thumb|Henri Bontenbal
Hendrik (Henri) Bontenbal (gebore op 10 November 1982 in Rotterdam) is 'n Nederlandse politikus wat aan die Christen-Demokratiese Appèl behoort.
Sedert 1 Junie 2021 is hy 'n lid van die Tweede Kamer en sedert 5 September 2023 ook die CDA se parlementêre leier.
Sedert 24 Augustus 2023 is hy ook die CDA se politieke leier.
Bontenbal is 'n lid van die Protestantse Kerke in Nederland en het natuurkunde aan die Universiteit van Leiden gestudeer.
Eksterne skakels Parlement.com Tweede Kamer der Staten-Generaal
Kategorie:Lede van die Tweede Kamer van die Stategeneraal Kategorie:Geboortes in 1982 Kategorie:Lewende mense