duimnael|Die Primecoin-logo bestaan uit die Griekse letter Psi.|231x231px Primecoin (afkorting: XPM) is ’n kriptogeldeenheid wat ’n bewys-van-werk-stelsel implementeer wat soek na kettings van priemgetalle.
Primecoin is op 7 Julie 2013 bekendgestel deur Sunny King, wat ook Peercoin gestig het.
Anders as ander kriptogeldeenhede, wat gemyn word met algoritmes wat wiskundige probleme oplos sonder eksterne waarde, behels die myn van Primecoin die produksie van kettings van priemgetalle (Cunningham- en tweeling-priempare). Hierdie is nuttig vir wetenskaplikes en wiskundiges en voldoen aan die vereistes van ’n bewys-van-werk-stelsel: dit is moeilik om te bereken, maar maklik om te verifieer, en het ’n aanpasbare moeilikheidsgraad.
Kort na die bekendstelling het sommige handelsjoernale berig dat die toevloed van meer as 18 000 nuwe gebruikers wat Primecoin wou myn, diensverskaffers van toegewyde bedieners oorweldig het. Dit is as een van die top tien geldeenhede voor 2014 gerangskik.
Primecoin het ’n bloktyd van een minuut, verander die moeilikheidsgraad met elke blok, en het ’n blokbeloning wat ’n funksie van die moeilikheidsgraad is.
Verwysings
Eksterne skakels Primecoin-projek
Kategorie:Geldeenhede Kategorie:Kriptogeld