Die Van Riet Lowe-reservaat is ‘n argeologiese vindterrein by Vereeniging in Gauteng.
Ligging Hierdie gebied, ook bekend as die Duncanville-argeologiese reservaat, is in Van Riet Lowe-straat in die nywerheidsgebied Duncanville by die koördinate .
Prehistorie Die voorhistoriese mens het spoelklippe uit die bedding van die Vaalrivier gehaal en daarvan werktuie en wapens gemaak vir die jag op wilde diere en die voorbereiding van voedsel. Toe was die rivierbedding ‘n 30 m hoër as die huidige samevloeiing van die Vaal- en die Kliprivier en het die rivier oor hierdie grond gevloei. Daarom lewer die antieke rivierterras oorvloedige bewys van die bedrywighede van die mens van die Steentydperk.
Monument Dr. C. van Riet Lowe, ‘n ingenieur in diens van die staat, het hom beywer vir die argeologie van die land en het hierdie terrein ontdek. Ook Henri Breuil het in 1929 hier opgrawings gedoen. Van die artefakte wat hier versamel is, is by die Universiteit van die Witwatersrand te sien. Daar is van die klipwerktuie van hier ook in museums in Frankryk, Engeland en die VSA. Deur Van Riet Lowe se toedoen is die terrein van 2000 m² op 5 Mei 1944 tot gedenkwaardigheid verklaar.
Persoon Henri Breuil (* 28 Februarie 1877 - † 14 Augustus 1961) was ‘n Franse geskiedkundige en Rooms-Katolieke priester. Hy het navorsing gedoen oor rotstekeninge uit prehistoriese tye o.a. oor die Wit vrou van die Brandberg.
Sien ook Clarence van Riet Lowe
Bronnelys Oberholster, J.J.: Die historiese monumente van Suid-Afrika. Kaapstad: Kultuurstigting Rembrandt van Rijn vir die Raad vir Nasionale Gedenkwaardighede, 1972 https://repository.nwu.ac.za/server/api/core/bitstreams/81bdffd9-cb88-4811-81df-31e9fe223a65/content https://www.researchgate.net/publication/48182889_From_apathy_to_oblivion_The_shameful_history_of_heritage_resource_management_in_the_Vaal_Triangle van Riet Lowe, C.: An interesting erratic from Vereeniging. In: South African Journal of Sciences, September 1949. https://journals.co.za/doi/pdf/10.10520/AJA00382353_9957
Kategorie:Argeologie van Suid-Afrika Kategorie:Argeologiese vindplekke in Suid-Afrika Kategorie:Monumente en gedenkwaardighede in Suid-Afrika Kategorie:Gauteng