Bruce McCandless II (8 Junie 1937 – 21 Desember 2017) was ’n Amerikaanse ruimtevaarder en was deel van Ruimtevaardergroep 5. Hy het twee ruimtevlugte op sy naam gehad. links|duimnael|167x167px|McCandless vlieg deur die ruimte met die MMU. Sy eerste sending was STS-41-B met die ruimtependeltuig Challenger en het op 3 Februarie 1984 plaasgevind. Tydens die sending is twee kommunikasiesatelliete in ’n wentelbaan om die Aarde geplaas. Gedurende hierdie sending het hy twee ruimtewandelings uitgevoer. McCandless was die eerste persoon ooit wat dit gedoen het sonder om met kabels aan ’n ruimtevaartuig vasgemaak te wees. Hy het die Manned Maneuvering Unit (MMU) gebruik om in die ruimte te kan manoeuvreer.
Sy tweede sending was STS-31 met die ruimtependeltuig Discovery, wat op 24 April 1990 gelanseer is. Dit was die sending wat die Hubble-ruimteteleskoop die ruimte in gebring het.
Op 31 Augustus 1990 het hy Nasa verlaat en as ruimtevaarder afgetree.
Verwysings
Kategorie:Amerikaanse ruimtevaarders Kategorie:Geboortes in 1937 Kategorie:Sterftes in 2017