Die Douglas-keerwal in die Vaalrivier vorm ‘n studam naby Douglas in die Noord-Kaap.

Ligging Hierdie waterkering is by 29° 4′ 1″ suid, 23° 50′ 1″ oos, tussen die aansluiting van die Rietrivier van oos by die Vaal en die aansluiting van die Vaal by die Oranjerivier. Dit is slegs 8 km stroomop van Douglas.

Gebruik Die water word versprei met ‘n netwerk van kanale van 25 km na omliggende plase. Die volume water wat beskikbaar is, hang baie af van hoeveel water wat stroomop uit die Vaaldam en die Bloemhofdam vrygelaat word. Water wat weer uit hierdie keerdam vrygelaat word, word beheer om die vlak van die Oranje te reguleer.

Dam Oorspronklik dateer die dam terug tot ±1890 en is die oudste stuwal in die land. Sedertdien is baie verbeteringe daaraan aangebring. In 1977 is dit ingrypende gemoderniseer en verhoog. Nou is die wal 10 m hoog en 1063 m lank en skep sodoende ‘n bakmaat van 355000 m³. Effens meer as 8000 ha word besproei.

Lees ook Lys van grootste damme in Suid-Afrika

Bibliografie grokipedia.com/page/douglas_weir

Kategorie:Noord-Kaap Kategorie:Damme van Suid-Afrika