Die wildekamomille (Oncosiphon africanus) is 'n eenjarige kruid wat deel van die Asteraceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap, van die Bergriviermond tot by die Kaapse Skiereiland, voor. Die spesie het 'n voorkomsgebied van 4 800 km² en daar is minder as tien bevolkings bekend. 'n Paar bevolkings het verlore gegaan weens indringerplante, landbou aktiwiteite en voorstedelike en kus ontwikkeling. Die spesie is deel van die fynbos en blom van September tot Oktober.

Galery

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World

africanus Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika