duimnael Carlsberg A/S is 'n Deense multinasionale brouery. Die maatskappy, gestig in 1847 deur J. C. Jacobsen, se hoofkwartier is in Kopenhagen, Denemarke. Sedert Jacobsen se dood in 1887, is die meerderheidsaandeelhouer van die maatskappy die Carlsberg-stigting.Die maatskappy se vlagskiphandelsmerk is Carlsberg, vernoem na Jacobsen se seun, Carl Jacobsen. Die maatskappy het ongeveer 33 000 mense in diens, hoofsaaklik in Europa en Asië. Carlsberg is tans die sewende grootste brouery ter wêreld gebaseer op inkomste.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Kopenhagen Kategorie:Denemarke maatskappye Kategorie:Bier