Vir die treinstasie in Johannesburg, sien Rosebank (Gautrein-stasie)

Die Rosebank-treinstasie is 'n Metrorail-pendeltreinstasie in die voorstad Rosebank in Kaapstad. Dit is 'n stasie op die Suidelike Lyn wat van die Kaapstad-spoorwegstasie tot Simonstad loop.

Die spoorlyn vanaf Soutrivier het Rosebank op 19 Desember 1864 bereik.

Die stasie het twee sye-platforme wat deur 'n voetgangeronderpad verbind word. Treine op pad Kaapstad toe gaan verby Platform 1 wat aan die westekant van die stasie lê, terwyl treine op pad Simonstad toe gaan verby Platform 2 wat aan die oostekant van die stasie is.

Verwysings

Kategorie:Treinstasies (Suid-Afrika) Kategorie:Suidelike Lyn