Barış Alper Yılmaz (gebore 23 Mei 2000) is ’n Turkse professionele sokkerspeler wat as ’n vleuel speel vir die Süper Lig-klub Galatasaray en die Turkse nasionale span.
Klubloopbaan Vroeë loopbaan
Barış Alper Yılmaz het in 2011 begin sokker speel by Rize İl Özel İdarespor.
In 2017 is hy oorgeplaas na Ankara Demirspor, ’n klub in die derde liga. Ná drie seisoene daar het hy aangesluit by Ankara Keçiörengücü, wat intussen na die Eerste Liga bevorder is.
Galatasaray
Yılmaz het op 9 Julie 2021 by Galatasaray aangesluit. Op 4 Mei 2023 is sy kontrak verleng tot die einde van die 2026/27-seisoen.
In die 2022/23-seisoen het hy saam met Galatasaray die Süper Lig gewen. Op 30 Mei 2023, in die 36ste speelweek, het Galatasaray MKE Ankaragücü met 4–1 weg geklop. Daarmee het hulle twee weke voor die einde van die seisoen die titel verseker – die 23ste kampioenskap in die klub se geskiedenis.
Op 25 Februarie 2026 het hy die beslissende doel in ’n 3–2-wegsege teen Juventus aangeteken. Hierdie oorwinning het Galatasaray se plek in die laaste 16 van die UEFA Champions League verseker.
Internasionale loopbaan
Barış Alper Yılmaz het drie wedstryde vir die Turkse nasionale Onder-21-span gespeel en een doel aangeteken.
Hy het sy debuut vir die senior nasionale span team gemaak op 13 November 2021 in ’n 6–0-oorwinning teen Gibraltar.
Op 12 Oktober 2023 het hy sy eerste internasionale doel vir Turkye aangeteken in ’n 1–0-oorwinning oor Kroasië tydens kwalifisering vir die UEFA Euro 2024. Hy is ook ingesluit in Turkye se 26-man-groep vir die eindtoernooi.
Verwysings
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Turkse sokkerspelers Kategorie:Geboortes in 2000 Kategorie:Lewende mense