Die International Auxiliary Language Association, Inc. (IALA) was 'n Amerikaanse organisasie wat in 1924 gestig is om "wydverspreide studie, bespreking en publisiteit van alle vrae betrokke by die vestiging van 'n hulptaal te bevorder, tesame met navorsing en eksperimentering wat sodanige vestiging op 'n intelligente wyse en op stabiele fondamente kan bespoedig."International Auxiliary Language Association, Outline of Program, 1924, p. 9 Alhoewel dit geskep is om te bepaal watter hulptaal van 'n wye veld van mededingers die beste geskik was vir internasionale kommunikasie, het dit uiteindelik bepaal dat geeneen van hulle opgewassen was vir die taak nie en het sy eie taal, Interlingua, ontwikkel. Die IALA het voortgegaan om materiaal in en oor Interlingua te publiseer tot 1953, toe die aktiwiteite daarvan oorgeneem is deur die nuwe Interlingua-afdeling van die Science Service. Die IALA is iewers na 1956 ontbind.Esterhill, Frank, Interlingua Institute: A History. New York: Interlingua Institute, 2000.
Verwysings
Kategorie:Interlingua