'n Nasel kan omskryf word as ’n afsonderlike vaartbelynde omhulsel op ’n vliegtuig waarin iemand of iets, byvoorbeeld die bemanning of ’n enjin, beskerm of gehuisves word. Die term “nasel” verwys na enige klein konstruksie op ’n vliegtuig, insluitende die romp van ’n vliegtuig of die nasel vir die bemanning, op vliegtuie met ’n stertvlerk wat op ’n uithouer gemonteer is. Vandag is dit oor die algemeen van toepassing op die hulsel of nasel waarin die enjin is.
Daar word tussen ’n nasel en ’n gondel onderskei. Daar is byvoorbeeld die term “enjinnaselstut” (engine nacelle strut) en die term “enjingondelplasing” (engine-pod location).
Verwysings
Kategorie:Vliegtuigonderdele