Die Spring Grove-dam in die Mooirivier in die Natalse Middellande verskaf water vir huishoudelike sowel as nywerheidsgebruik aan veral Durban en Pietermaritzburg.
Die dam, die eiendom van die Departement Waterwese, is by die koördinate 29° 19′ 23″ suid en 29° 56′ 38″ oos, naby Rosetta en 5 km noordwwes van Nottingham Road.
Op 19 November 2013 is hierdie dam met ‘n destydse bakmaat van 139.5 miljoen m³ in gebruik geneem. Die wal is 37.7 m hoog en het ‘n opvangsgebied van 344 km². As die dam vol is, is sy oppervlakte 10.2 km².
Omdat die dam heeltemal omring word deur grond in privaat besit, is dit nie vry toeganklik nie.
Lees ook Lys van grootste damme in Suid-Afrika
Bibliografie https://aecom.com/za/projects/spring-grove-dam/ https://midlandsconservanciesforum.wordpress.com/tag/springrove-dam/ https://www.tcta.co.za/wp-content/uploads/2021/07/38a8cb_05d207bf47ee4ee2b45a9673a90e6f08.pdf
Kategorie:Damme van Suid-Afrika Kategorie:KwaZulu-Natal