Die Vrouesokkerwêreldbeker 2031 (Engels: 2031 FIFA Women’s World Cup; Spaans: Copa Mundial Femenina de la FIFA 2031) sal in 2031 in Costa Rica, Jamaika, Meksiko en die Verenigde State beslis word. Dit sal die elfde vrouesokkerwêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse vrouesokkerwêreldkampioenskap wees wat deur FIFA aangebied word en die vierde in Noord-Amerika. Daarbenewens sal dit die eerste vrouesokkerwêreldbekertoernooi in Costa Rica, Jamaika en Meksiko wees en ook die eerste wat deur vier gasheerlande aangebied word.

duimnael|links|upright|Die Vrouesokkerwêreldbekertrofee waarom meegeding sal word Die toernooi sal vir die eerste keer deur 48 nasionale vrouesokkerspanne beslis word, waaronder dié van die vier gasheerlande. Die spanne sal in twaalf groepe van vier elk verdeel word, waarvan die twee beste spanne van elke groep en die agt beste derdeplek-spanne na die 16de eindrondte sal deurdring. Die Vrouesokkerwêreldbeker 2031 sal die langste toernooi volgens beide aantal deelnemende spanne en wedstryde wees.

Toewysing Die gasheerland(e) van die Vrouesokkerwêreldbeker 2031 sal amptelik tydens die FIFA-kongres op 30 April 2026 in Vancouver, twee jaar ná die toewysing van die Vrouesokkerwêreldbeker 2027, aangewys word. Op 5 Maart 2025 het die FIFA-raad die bodregulasies goedgekeur, waarvolgens bieë slegs deur CONCACAF- en CAF-lede toegelaat sal word.

Hoewel die gasheerland(e) nog nie amptelik aangewys is nie, is die enigste geskikte bod bekendgemaak. Op 3 April 2025 het FIFA aangekondig dat die Verenigde State se bod die enigste geskikte is en dat ander CONCACAF-lidlande toegelaat sal word om ook wedstryde te huisves. Die Verenigde State se bod is saam met Meksiko s’n aangekondig en het ’n beperkte aantal wedstryde in Costa Rica en Jamaika ingesluit. Op 27 Mei 2025 het Meksiko by die Verenigde State se bod aangesluit. Op 20 Oktober 2025 het ook Costa Rica en Jamaika as gashere aangesluit.

Kwalifisering Die volgende lande sal regstreeks vir die Vrouesokkerwêreldbeker 2031 kwalifiseer. Later sal nog 44 lande aansluit.

(medegasheer) (medegasheer) (medegasheer) (medegasheer)

Verwysings

Kategorie:Geskiedenis van Costa Rica Kategorie:Sport in Costa Rica Kategorie:Jamaika Kategorie:Geskiedenis van Meksiko Kategorie:Sokkerkompetisies in Meksiko Kategorie:Geskiedenis van die Verenigde State van Amerika Kategorie:Sokkerkompetisies in die Verenigde State van Amerika Kategorie:Sport in 2031 2031