Die Vrouesokkerwêreldbeker 2035 (Engels: 2035 FIFA Women’s World Cup) sal in 2035 in Engeland, Noord-Ierland, Skotland en Wallis, die vier lande van die Verenigde Koninkryk, beslis word. Dit sal die twaalfde vrouesokkerwêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse vrouesokkerwêreldkampioenskap wees wat deur FIFA aangebied word en die eerste in die Verenigde Koninkryk. Engeland het voorheen die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1966 aangebied. Ná die 2031-toernooi sal dit die tweede wees wat deur vier gasheerlande aangebied word.
duimnael|links|upright|Die Vrouesokkerwêreldbekertrofee waarom meegeding sal word 48 nasionale vrouesokkerspanne, waaronder dié van die vier gasheerlande, sal aan die Vrouesokkerwêreldbeker 2035 deelneem. Die spanne sal in twaalf groepe van vier elk verdeel word, waarvan die twee beste spanne van elke groep en die agt beste derdeplek-spanne na die 16de eindrondte sal deurdring.
Toewysing Die gasheerland(e) van die Vrouesokkerwêreldbeker 2031 sal amptelik tydens die FIFA-kongres op 30 April 2026 in Vancouver, twee jaar ná die toewysing van die Vrouesokkerwêreldbeker 2027, aangewys word. Op 5 Maart 2025 het die FIFA-raad die bodregulasies goedgekeur, waarvolgens bieë slegs deur UEFA- en CAF-lede toegelaat sal word.
Hoewel die gasheerland(e) nog nie amptelik aangewys is nie, is die enigste geskikte bod bekendgemaak. Op 3 April 2025 het FIFA aangekondig dat die Verenigde Koninkryk se bod die enigste geskikte is.
Kwalifisering Die volgende lande sal regstreeks vir die Vrouesokkerwêreldbeker 2035 kwalifiseer. Later sal nog 44 lande aansluit.
(medegasheer) (medegasheer) (medegasheer) (medegasheer)
Verwysings
Kategorie:Geskiedenis van Engeland Kategorie:Sokkerkompetisies in Engeland Kategorie:Sport in Noord-Ierland Kategorie:Geskiedenis van Skotland Kategorie:Sportkompetisies in Skotland Kategorie:Geskiedenis van Wallis Kategorie:Sportkompetisies in Wallis Kategorie:Sport in 2035 2035