Firefly Lane is 'n Amerikaanse dramareeks vir televisie wat deur Maggie Friedman vir Netflix geskep is. Dit is geskoei op die roman met dieselfde naam deur Kristin Hannah. Die reeks se première was op 3 Februarie 2021. Dit gaan oor die lewe van twee tienermeisies van die 1970's tot hulle volwasse lewe in die middel 2000's.
In Mei 2021 is die reeks vir 'n tweede seisoen hernu. Dit het bestaan uit twee dele van agt episodes elk. Die eerste deel is op 2 Desember 2022 uitgereik en die tweede deel op 27 April 2023. Resensente het veral die toneelspel van Katherine Heigl en Sarah Chalke geprys.
Hoofakteurs Katherine Heigl as Tully Hart, die aanbieder van die geselsprogram The Girlfriend Hour Ali Skovbye as die tiener Tully Sarah Chalke as Kate Mularkey, Tully se beste vriendin sedert 14-jarige ouderdom wat aan die skei is Roan Curtis as die tiener Kate Ben Lawson as Johnny Ryan, Kate se eksman en die vervaardiger van The Girlfriend Hour Beau Garrett as Cloud, Tully se vrygeestige, dwelmverslaafde ma Yael Yurman as Marah Ryan, Kate en Johnny se tienerdogter Ignacio Serricchio as Danny Diaz Jon Ecker as Max Brody, Tully se liefdesbelangstelling Chelah Horsdal as Margie, Kate se ma Paul McGillion as Bud, Kate se pa Jason Mckinnon as Sean, Kate se ouer broer Andres Joseph as Gideon Vega, 'n fotograaf by die Seattle Digest Greg Germann as Benedict Binswanger, 'n ryk sakeman wat hom vir goewerneur verkiesbaar stel Forrest Anthony as Parker Binswanger se jonger broer wat sy naam verander het
Storielyn Firefly Lane gaan oor die wel en wee van twee vroue van Seattle, Kate Mularkey en Tallulah "Tully" Hart, vandat hulle op 14-jarige ouderdom vriendinne in 'n straat met die naam Firefly Lane was, tot in hulle 40's.
Ontvangs In die week van 1 tot 7 Februarie 2021 was Firefly Lane nommer 1 van stromingsprogramme in Amerika en is dit altesaam 1,3 miljard minute lank gekyk. Die volgende week was dit weer nommer 1, met altesaam 1,288 miljard minute kyktyd. Op 20 April 2021 het Netflix aangekondig 49 miljoen mense het in die eerste 28 dae ná sy uitreiking daarna gekyk.
Op Rotten Tomatoes het 48% van 31 resensente die eerste seisoen goedgekeur, met 'n gemiddelde punt van 5,7/10. Seisoen 2 is deur 83% van ses resensente goedgekeur, met 'n gemiddelde punt van 5,9/10. Die webtuiste pys die spel van Heigl en Chalke. Op Metacritic het die eerste seisoen 'n punt van 57 uit 100 gekry, gebaseer op 21 resensies, wat dui op 'n "gemiddelde of gemengde" ontvangs.
Judy Berman van die tyskrif Time skryf: “Volgens die meeste maatstawwe is Firefly Lane eenvoudig nie ’n goeie reeks nie. Tog, ten spyte van sy vele beperkings, is daar iets geliefds daaraan.” Joel Keller van die webtuiste Decider het gesê: “Die chemie tussen Sarah Chalke en Katherine Heigl sal Firefly Lane dra.”
Verwysings
Skakels
Kategorie:Amerikaanse televisiereekse