Die Vrouesokkerwêreldbeker 2003 (Engels: FIFA Women’s World Cup USA 2003) is van 20 September tot 12 Oktober 2003 in die Verenigde State beslis. Dit was die vierde vrouesokkerwêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse vrouesokkerwêreldkampioenskap wat deur FIFA aangebied word en die tweede agtereenvolgende in Noord-Amerika. Die Verenigde State het voorheen die 1999-toernooi aangebied, waarmee dit die eerste land geword het om twee vrouesokkerwêreldbekertoernooie aan te bied. Die Vrouesokkerwêreldbeker 2003 sou oorspronklik van 23 September tot 11 Oktober in vier stede in die provinsie Guangdong in die Volksrepubliek China aangebied word, maar weens die uitbreek van die Ears-pandemie in dié provinsie moes die toernooi ná die Verenigde State verskuif word met 20 September tot 12 Oktober as die nuwe datums. Pleks daarvan is die daaropvolgende Vrouesokkerwêreldbeker 2007 aan die Volksrepubliek China toegewys, saam met ’n finansiële kompensasie.

duimnael|links|upright|Die Vrouesokkerwêreldbekertrofee waarom meegeding is 16 nasionale vrouesokkerspanne het aan die Vrouesokkerwêreldbeker 2003 deelgeneem. Die spanne is in vier groepe verdeel, waarvan die twee beste spanne van elke groep na die kwarteindrondte deurgedring het. Duitsland het die trofee gewen nadat hulle Swede geklop en sodoende hul eerste vrouewêreldbekertitel ingepalm het. Hulle het ook die eerste land geword wat ’n sokkerwêreldbekertoernooi vir beide mans en vroue kon wen. Die gasheer die Verenigde State het in die derde en Kanada in die vierde plek geëindig.

Die Suid-Afrikaanse nasionale vrouesokkerspan het nie vir die toernooi gekwalifiseer nie en dus nie daaraan deelgeneem nie. Die nasionale vrouesokkerspanne van Argentinië, Frankryk en Suid-Korea het vir die eerste keer aan ’n vrouesokkerwêreldbekertoernooi deelgeneem. Dit was die laaste toernooi waartydens die goue doel-reël vir die beslissing van ’n wedstryd gebruik is, nadat dié reël vir die vorige 1999-toernooi ingevoer is.

Toewysing Op 26 Oktober 2000 het FIFA die Vrouesokkerwêreldbeker 2003 aan die Volksrepubliek China toegewys, die enigste ander kandidaatland was Australië. Dié toernooi sou oorspronklik van 23 September tot 11 Oktober in die stede Shanghai, Wuhan, Chengdu en Hangzhou aangebied word. Weens die uitbreek van die Ears-pandemie in die suide van die Volksrepubliek China is vroeg in April verskeie sporttoernooie gekanselleer of uitgestel, waaronder die amptelike loting vir die Vrouesokkerwêreldbeker 2003; FIFA het saam met die Wêreldgesondheidsorganisasie ondersoek ingestel of die uitbreking teen die tyd van die toernooi sou bedaar, al dan nie. Die Verenigde State, Kanada en Australië was destyds moontlike alternatiewe gashere.

Op 3 Mei 2003 het FIFA aangekondig dat die Vrouesokkerwêreldbeker 2003 na ’n alternatiewe gasheerland verskuif sou word; beide die Verenigde State en Australië het hul belangstelling aangekondig, terwyl Brasilië as nog ’n moontlike gasheerland geïdentifiseer is. FIFA het ook aangekondig dat hulle pleks daarvan die Vrouesokkerwêreldbeker 2007 aan die reëlingskomitee sou toewys en $1 miljoen sou betaal om beplanningsuitgawes te vergoed. Op 26 Mei 2003 is die Verenigde State as die toernooi se nuwe gasheerland aangewys en bo die enigste ander formele bod deur Swede verkies. Die Verenigde State is as ’n geskikte noodgasheer geag weens hulle ervaring met die vorige 1999-toernooi, ondanks moontlike botsings met die herfssportskedule van Amerikaanse voetbal en bofbal. Daar was ook dat die belangstelling in die toernooi die sukkelende professionele liga, die Women’s United Soccer Association, kon red; die liga het egter enkele dae voor die toernooi se begin in September gevou.

Kwalifisering 16 lande het aan die Vrouesokkerwêreldbeker 2003 deelgeneem.

SpanVerskynings by eindstrydeAgtereenvolgende deelnamesLaaste verskyningVorige beste prestasie1ste1–Debuut3de31999Groepfase (1995, 1999)4de41999Derde plek (1999)4de41999Naaswenner (1995)1ste1–Debuut2de21999Groepfase (1999)4de41999Kwarteindrondte (1995)3de31999Groepfase (1995, 1999)4de41999Kwarteindrondte (1999)2de21999Groepfase (1999)4de41999Kampioen (1995)2de21999Kwarteindrondte (1999)1ste1–Debuut4de41999Derde plek (1991)4de41999Kampioen (1991, 1999)4de41999Naaswenner (1999)

Stadions Wedstryde is in die volgende stede gespeel:

Philadelphia, Pennsilvanië Foxborough, Massachusetts(Boston, Massachusetts) Washington, D.C.(Landover, Maryland) Lincoln Financial Field Gillette-stadion RFK-stadion Kapasiteit: 70 000 Kapasiteit: 68 000 Kapasiteit: 53 000 200px 200px 200px Los Angeles, Kalifornië(Carson, Kalifornië) Portland, Oregon Columbus, Ohio Home Depot Center Providence Park Columbus Crew-stadion Kapasiteit: 27 500 Kapasiteit: 28 359 Kapasiteit: 22 555 200px 200px 200px

Formaat Die Vrouesokkerwêreldbeker 2003 is oor 23 dae tussen 16 verskillende lande oor 32 wedstryde beslis. Dit het op 20 September 2003 op die Lincoln Financial Field in Philadelphia met die openingswedstryd tussen Frankryk en Noorweë afgeskop. Die toernooi het geëindig op die Home Depot Center in Carson op 12 Oktober met die eindstryd tussen Duitsland en Swede, waartydens Duitsland die Vrouesokkerwêreldbekertrofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die Vrouesokkerwêreldbeker 1999 gebruik.

Kalender Die volgende tabel dui die Vrouesokkerwêreldbeker 2003 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.

+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseSeptemberSa20So21Ma22Di23Wo24Do25Vr26Sa27So28Ma29Di30Seremonies | bgcolor=#d6325b|

|Groep A | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2 | |Groep B | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2

|Groep C | bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2

|Groep D | | bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2 | |UitklopfaseOktoberWo1Do2Vr3Sa4So5Ma6Di7Wo8Do9Vr10Sa11So12Seremonies

| colspan=2 bgcolor=#d6325b|Uitklopfase | bgcolor=#00cc33| 2 | bgcolor=#00cc33| 2

| bgcolor=#00cc33| 2

| bgcolor=#3399ff| 1 | bgcolor=#ffcc00| 1Verklaring

Groepfase Die Vrouesokkerwêreldbeker 2003 is deur 16 nasionale vrouesokkerspanne beslis. Vir die groepfase is die 16 deelnemende spanne in vier groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.

Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel: Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning; Een vir ’n gelykop; geen vir ’n nederlaag.

Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee beste spanne wat na die uitklopfase deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.

Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit agt wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.

Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting, waartydens die wedstryd deur die aantekening ’n goue doel dadelik beslis kon word. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n strafskopkompetisie bepaal.

Wedstryde Kwalifiseer vir die uitklopfase.Uit die toernooi geskakel. Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase. Die loting is op 17 Julie 2003 op die Home Depot Center in Carson gehou.

Groepfase 16 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.

Groep A Land3300111+109320153+26310234–133003011–110

Groep B Land321082+873201105+56311123–143003111–100

Groep C Land3300132+119320175+26310276+133003115–140

Groep D Land321031+27320152+36310225–33301235–21

Uitklopfase duimnael|Die bronseindstryd tussen Kanada en die Verenigde State duimnael|Die eindstryd tussen Duitsland en Swede

Kwarteindrondte

Halfeindrondte

Klein finale (om die derde plek)

Eindstryd

Vrouesokkerwêreldkampioen 2003

FIFA se ranglys Ná die Vrouesokkerwêreldbeker 2003 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende vrouespanne geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger. Die ranglys vir die 2003-toernooi is soos gevolg:

duimnael|400px|Deelnemende spanne volgens ranglys:

Gasheerland die Verenigde State RangSpanGroep 1 C 6 6 0 0 25 4 +21 18 2 A 6 4 0 2 10 7 +3 12 3 A 6 5 0 1 15 5 +10 15 4 C 6 3 0 3 10 10 ±0 9 In die kwarteindrondte uitgeskakel 5 B 4 2 1 1 9 4 +5 7 6 D 4 2 1 1 3 2 +1 7 7 B 4 2 0 2 10 6 +4 6 8 D 4 2 0 2 6 9 –3 6 In die groepfase uitgeskakel 9 B 3 1 1 1 2 3 –1 4 10 C 3 1 0 2 7 6 +1 3 11 A 3 1 0 2 3 4 −1 3 12 D 3 1 0 2 2 5 −3 3 13 D 3 0 1 2 3 5 −2 1 14 B 3 0 0 3 1 11 −10 0 15 A 3 0 0 3 0 11 −11 0 16 C 3 0 0 3 1 15 −14 0

Meeste doele aangeteken Meeste doele aangeteken:

Rang Speler Doele 1 Birgit Prinz 7 2 Kátia Cilene 4 Kerstin Garefrekes 4 Maren Meinert 4 5 Marta 3 Mio Otani 3 Hanna Ljungberg 3 Christine Latham 3 Homare Sawa 3 Victoria Svensson 3 Christine Sinclair 3 Dagny Mellgren 3 Abby Wambach 3 Rang Speler Doele 14 Heather Garriock 2 Sandra Minnert 2 Linda Ørmen 2 Kristine Lilly 2 Charmaine Hooper 2 Martina Müller 2 Marianne Pettersen 2 Cindy Parlow 2 Kara Lang 2 Bettina Wiegmann 2 Malin Moström 2 Cat Reddick 2 Bai Jie 2 Alberta Sackey 2 Shannon Boxx 2 Marinette Pichon 2 Jin Pyol-hui 2 JinMia Hamm 2 duimnael|upright|Birgit Prinz

Sien ook Vrouesokkerwêreldbeker 1999

Verwysings

Eksterne skakels

fifa.com: Germany defeating Sweden in a thrilling final rsssf.com: Women's World Cup 2003 (USA)

Kategorie:Geskiedenis van die Verenigde State van Amerika Kategorie:Sokkerkompetisies in die Verenigde State van Amerika Kategorie:Sport in 2003 2003