Blaauwklippen is ‘n bekende historiese en een van die oudste wynplase in die omgewing van Stellenbosch.
Ligging Die plaas lê tussen Strandweg (die R44 wat na Somerset-Wes lei), Blaauwklippenweg en die Bloukliprivier. Dit word omring deur die woondbuurte Paradyskloof, Jamestown, De Zalze en die Technopark.
Geskiedenis In 1682 is hier ±50 morg grond toegeken aan Gerrit Jansz Visser en is die eerste wingerd 6 jaar later aangeplant. Die H-vormige jonkershuis met sy holbolgewel dateer uit 1780. Om die ruim plaaswerf met baie skadubome staan buitegeboue wat uit ongeveer 1800 stam. Verskeie eienaars het hier gewoon waarvan sedert 1762 Jan B. Hoffman en sy nageslag die bekendstes is.
Bibliografie Blaauwklippen and the historic Cape-Stellenbosch Road. In: Stellenbosch Tatler. Desember 2025 Fransen, Hans: A guide to the old buildings of the Cape. A survey of extant architecture from before c1910 in the area of Cape Town, Calvinia, Colesberg, Uitenhage. Kaapstad: Jonathan Ball, 2004. www.blaauwklippen.com
Kategorie:Stellenbosch