Antlia II (ook Antlia 2 of Ant II) is 'n dwergsterrestelsel met 'n lae oppervlakhelderheid en 'n satelliet-sterrestelsel van die Melkweg. Dit beslaan 1,26° in die lug net suidoos van die ster Epsilon Antliae. Dit is net so groot soos die Groot Magellaanse Wolk, al is dit 1/10 000 so helder. Antlia II het die laagste oppervlakhelderheid van enige sterrestelsel wat al ontdek is.

Die grootte van die sterrestelsel dui aan dis besig om ontwrig te word en verander tans in 'n sterrestroom. Die suidoostekant van Antlia II is verder van ons as die noordwestekant, moontlik vanweë die gety-ontwrigting. Die sterrestelsel is in November 2018 ontdek met behulp van die ESA se Gaia-ruimtetuig.

Sien ook Lys van Melkweg se satelliet-sterrestelsels

Verwysings

Skakels

Kategorie:Lugpomp (sterrebeeld) Kategorie:Melkweg Kategorie:Dwergsterrestelsels