Die Vrouesokkerwêreldbeker 1999 (Engels: FIFA Women’s World Cup USA ’99) is van 19 Junie tot 10 Julie 1999 in die Verenigde State beslis. Dit was die derde vrouesokkerwêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse vrouesokkerwêreldkampioenskap wat deur FIFA aangebied word en die eerste in Noord-Amerika. Die Verenigde State het voorheen die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1994 aangebied, waarmee dit ná Swede die tweede land geword het om ’n sokkerwêreldbekertoernooi vir beide mans en vroue aan te bied.
duimnael|links|upright|Die Vrouesokkerwêreldbekertrofee waarom meegeding is 16 nasionale vrouesokkerspanne het aan die Vrouesokkerwêreldbeker 1999 deelgeneem. Die spanne is in vier groepe verdeel, waarvan die twee beste spanne van elke groep na die kwarteindrondte deurgedring het. Die gasheer die Verenigde State het die trofee gewen nadat hulle die Volksrepubliek China geklop en sodoende hul tweede vrouewêreldbekertitel ingepalm het. Die eindtelling was Verenigde State 0 – Volksrepubliek China 0, maar die Verenigde State het met 5–4 ná strafdoele gewen. Brasilië het in die derde en die verdedigende kampioen Noorweë in die vierde plek geëindig.
Die Suid-Afrikaanse nasionale vrouesokkerspan het nie vir die toernooi gekwalifiseer nie en dus nie daaraan deelgeneem nie. Die nasionale vrouesokkerspanne van Ghana, Meksiko, Noord-Korea en Rusland het vir die eerste keer aan ’n vrouesokkerwêreldbekertoernooi deelgeneem. Dit was die eerste toernooi waartydens die goue doel-reël vir die beslissing van ’n wedstryd gebruik is, maar dié reël is reeds ná die volgende 2003-toernooi weer geskrap. Daarbenewens was dit die eerste toernooi met die nuwe aantal van 16 nasionale vrouesokkerspanne, wat verhoog is van die oorspronklike twaalf deelnemers tydens die eerste twee vrouesokkerwêreldbekertoernooie in 1991 en 1995.
Toewysing Die Verenigde State se Sokkerfederasie het in Februarie 1995, kort ná die suksesvolle huisvesting van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1994, sy belangstelling aangekondig om die Vrouesokkerwêreldbeker 1999 ook aan te bied. Beide Australië en Chili het ook hulle belangstelling aangekondig, maar in Desember 1995 het albei lande hulle kandidature onttrek. Gevolglik was die Verenigde State teen Maart 1996, die sperdatum, die enigste kandidaat. Op 31 Mei 1996 is in Zürich die Vrouesokkerwêreldbeker 1999 aan die Verenigde State toegewys, terwyl die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002 aan Japan en Suid-Korea toegewys is.
Kwalifisering 16 lande het aan die Vrouesokkerwêreldbeker 1999 deelgeneem.
SpanVerskynings by eindstrydeAgtereenvolgende deelnamesLaaste verskyningVorige beste prestasie2de21995Groepfase (1995)3de31995Groepfase (1991, 1995)3de31995Kwarteindrondte (1991, 1995)3de31995Naaswenner (1995)1ste1–Debuut2dee11991Kwarteindrondte (1991)3de31995Kwarteindrondte (1995)2de21995Groepfase (1995)1ste1–Debuut3de31995Groepfase (1991, 1995)1ste1–Debuut3de31995Kampioen (1995)1ste1–Debuut3de31995Derde plek (1991)3de31995Kampioen (1991)3de31995Vierde plek (1995)
Stadions Wedstryde is in die volgende stede gespeel:
Pasadena, Kalifornië(Los Angeles, Kalifornië) Portland, Oregon Stanford, Kalifornië(San Francisco, Kalifornië) East Rutherford, New Jersey(New York) Rose Bowl Burgerlike stadion Stanford-stadion Giants-stadion Kapasiteit: 95 542 Kapasiteit: 27 396 Kapasiteit: 85 429 Kapasiteit: 77 716 200px 200px 200px 200px Chicago, Illinois San Jose, Kalifornië Foxborough, Massachusetts(Boston, Massachusetts) Washington, D.C.(Landover, Maryland) Soldier Field Spartan-stadion Foxboro-stadion Jack Kent Cooke-stadion Kapasiteit: 65 080 Kapasiteit: 26 000 Kapasiteit: 58 868 Kapasiteit: 80 116 200px 200px 200px 200px
Formaat Die Vrouesokkerwêreldbeker 1999 is oor 22 dae tussen 16 verskillende lande oor 32 wedstryde beslis. Dit het op 19 Junie 1999 op die Giants-stadion in East Rutherford met die openingswedstryd tussen die gasheer die Verenigde State en Denemarke afgeskop. Die toernooi het geëindig op die Rose Bowl in Pasadena op 10 Julie met die eindstryd tussen die Verenigde State en die Volksrepubliek China, waartydens die Verenigde State die Vrouesokkerwêreldbekertrofee ingepalm het.
Kalender Die volgende tabel dui die Vrouesokkerwêreldbeker 1999 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.
+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseJunieSa19So20Ma21Di22Wo23Do24Vr25Sa26So27Ma28Di29Seremonies | bgcolor=#d6325b|
|Groep A | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2 | |Groep B | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2 | |Groep C | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2
|Groep D | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2
|UitklopfaseJunie/JulieWo30Do1Vr2Sa3So4Ma5Di6Wo7Do8Vr9Sa10Seremonies
| colspan=2 bgcolor=#d6325b|Uitklopfase | bgcolor=#00cc33| 2 | bgcolor=#00cc33| 2
| bgcolor=#00cc33| 2
| bgcolor=#3399ff| 1 | bgcolor=#ffcc00| 1Verklaring
Groepfase Die Vrouesokkerwêreldbeker 1999 is deur 16 nasionale vrouesokkerspanne beslis. Vir die groepfase is die 16 deelnemende spanne in vier groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.
Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel: Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning; Een vir ’n gelykop; geen vir ’n nederlaag.
Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee beste spanne wat na die uitklopfase deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.
Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit agt wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.
Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting, waartydens die wedstryd deur die aantekening ’n goue doel dadelik beslis kon word. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n strafskopkompetisie bepaal.
Wedstryde Kwalifiseer vir die uitklopfase.Uit die toernooi geskakel. Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase. Die loting is op 14 Februarie 1999 op die Spartan-stadion in San Jose gehou.
Groepfase 16 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Groep A Land3300131+129320158–36310246–23300318–70
Groep B Land3210124+873120104+65311133±043003115–140
Groep C Land3300132+1193201103+763012312–913012110–91
Groep D Land3300122+109321063+36301237–413012110–91
Uitklopfase
Kwarteindrondte
Halfeindrondte
Klein finale (om die derde plek)
Eindstryd
Vrouesokkerwêreldkampioen 1999
FIFA se ranglys Ná die Vrouesokkerwêreldbeker 1999 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende vrouespanne geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger. Die ranglys vir die 1999-toernooi is soos gevolg:
duimnael|400px|Deelnemende spanne volgens ranglys:
Gasheerland die Verenigde State duimnael|Die Verenigde State se nasionale vrouesokkerspan met die Amerikaanse president Bill Clinton nadat hulle die Vrouesokkerwêreldbeker 1999 gewen het RangSpanGroep 1 A 6 5 1 0 18 3 +15 16 2 D 6 5 1 0 19 2 +17 16 3 B 6 3 2 1 16 9 +7 11 4 C 6 4 1 1 16 8 +8 13 In die kwarteindrondte uitgeskakel 5 C 4 2 0 2 10 5 +5 6 6 D 4 2 0 2 7 6 +1 6 7 A 4 2 0 2 8 12 –4 6 8 B 4 1 2 1 12 7 +5 5 In die groepfase uitgeskakel 9 B 3 1 1 1 3 3 ±0 4 10 A 3 1 0 2 4 6 −2 3 11 D 3 0 1 2 3 7 −4 1 12 C 3 0 1 2 3 12 −9 1 13 D 3 0 1 2 1 10 −9 1 13 C 3 0 1 2 1 10 −9 1 15 A 3 0 0 3 1 8 −7 0 16 B 3 0 0 3 1 15 −14 0
Meeste doele aangeteken Meeste doele aangeteken:
Rang Speler Doele 1 Sissi 7 Sun Wen 7 3 Ann Kristin Aarønes 4 4 Pretinha 3 Inka Grings 3 Marianne Pettersen 3 Jin Yan 3 Bettina Wiegmann 3 Hege Riise 3 Liu Ailing 3 Nkiru Okosieme 3 Tiffeny Milbrett 3 Rang Speler Doele 13 Julie Murray 2 Patrizia Panico 2 Hanna Ljungberg 2 Cindy Parlow 2 Cidinha 2 Mercy Akide 2 Victoria Svensson 2 Tisha Venturini 2 Kátia Cilene 2 Jo Song-ok 2 Michelle Akers 2 Charmaine Hooper 2 Elena Fomina 2 Mia Hamm 2 Zhang Ouying 2 Olga Letjoesjowa 2 Kristine Lilly 2
Sien ook Vrouesokkerwêreldbeker 2003
Verwysings
Eksterne skakels
fifa.com: USA wins it at home rsssf.com: Women's World Cup 1999 (USA)
Kategorie:Geskiedenis van die Verenigde State van Amerika Kategorie:Sokkerkompetisies in die Verenigde State van Amerika Kategorie:Sport in 1999 1999