Die Vrouesokkerwêreldbeker (Engels: FIFA Women's World Cup) is ’n vrouesokkerwêreldkampioenskapstoernooi wat al om die vier jaar tussen internasionale vrouespanne (wat lede van FIFA is) beslis word. Die toernooi is gereeld al om die vier jaar aangebied sedert dit vir die eerste keer in 1991 in die Volksrepubliek China beslis is. Die huidige verdedigende vrouewêreldkampioen is Spanje wat die 2023-toernooi in Australië en Nieu-Seeland gewen het.

duimnael|links|upright|Die Vrouesokkerwêreldbekertrofee waarom sedert 1999 meegeding word Die huidige formaat van die kampioenskap behels 32 (vanaf 2031: 48) vrouespanne wat om die titel meeding in stadions van die gasheerland(e) oor ’n periode van ongeveer een maand. Hierdie fase word gewoonlik die Vrouewêreldbekereindrondte of Vrouewêreldbekerfinale genoem. Die kwalifiserende fase vind oor ’n periode van twee jaar voor die afskop plaas waartydens besluit word watter vrouespanne kwalifiseer. Die gasheerland(e) kry sedert 1999 ’n outomatiese plasing; slegs die gasheer van beide die 1991- en 1995-toernooie, onderskeidelik die Volksrepubliek China en Swede, moes aan die destydse kwalifisering deelneem. Die verdedigende kampioen het nooit die reg van regstreekse kwalifisering geniet nie.

Oor die nege toernooie wat tot dusver aangebied is, het reeds vyf lande die titel ingepalm. Die Verenigde State het ’n rekord van vier titels gewen. Duitsland het twee titels gewen. Die ander wenners sluit in Noorweë, Japan en Spanje met een titel elk. Ander lande wat gereeld meeding soos Brasilië, Japan, Nigerië en Swede kon nog nie daarin slaag om die beker in te palm nie.

Die volgende vrouewêreldbekertoernooi sal in 2027 in Brasilië plaasvind wat die eerste toernooi in Suid-Amerika sal wees. Tot dusver is nog geen toernooi in Afrika aangebied nie, waarmee dit die enigste vasteland is wat nog nie ’n toernooi gehuisves het nie.

Uitslae JaarLand(e)FinaleDerde plekWennerTellingTweede plekDerde plekTellingVierde plekDeelnemende lande1991Oorsig 2:1 4:0 12 1995Oorsig 2:0 2:0 12 1999Oorsig 0:0 e. T.<small>5:4 n. S.</small> 0:0 e. T.<small>5:4 n. S.</small> 16 2003Oorsig 2:1 e. T. 3:1 16 2007Oorsig 2:0 4:1 16 2011Oorsig 2:2 e. T.<small>3:1 n. S.</small> 2:1 16 2015Oorsig 5:2 1:0 e. T. 24 2019Oorsig 2:0 2:1 24 2023Oorsig 1:0 2:0 32 2027Oorsig 32 2031Oorsig 48 2035Oorsig 48

Statistiek duimnael|400px|Beste uitslae van deelnemende lande Plek Land Titel Wêreldbeker 1 4 1991, 1999, 2015, 2019 2 2 2003, 2007 3 1 1995 1 2011 1 2023

Eerste deelnames 1991 1995 1999 2003 2007 geen 2011 2015 2019 2023 2027 n.v.t. 2031 n.v.t. 2035 n.v.t.

Trivia StellingSpelerSpanPeriodeMeeste deelnames, , , , , , 1991 – hede (het aan al die toernooie deelgeneem)Meeste doelpunte aangetekenMarta (17 doele)2003–2019Meeste doelpunte aangeteken tydens ’n VrouewêreldbekerMichelle Akers (10 doele)1991

Sien ook Sokker-Wêreldbeker (vir mans)

Bronnelys

Eksterne skakels

Amptelike webwerf Geskiedenis van die Vrouesokkerwêreldbeker