thumb|300px|'n Standaardstel mahjongteëls.

Mahjongteëls (Chinees: 麻將牌 of 麻雀牌, pinyin: májiàngpái) is teëls van Chinese oorsprong wat gebruik word om mahjong, mahjong solitaire en ander speletjies te speel. Hoewel dit meestal teëltjies is, kan die term ook na speelkaarte met dieselfde inhoud verwys.

Ontwikkeling Die oudste mahjongstelle wat bewaar gebly het, dateer van die 1870's, toe die speletjie grootliks tot Zhejiang, Shanghai en Jiangsu beperk was.Stanwick, Michael, 'Mahjong(g) Before Mahjong(g): Part 1'. In: The Playing-Card, Vol. 32, No. 4, 2004, pp. 153–162. Hulle het reeds die eienskappe van moderne stelle getoon. Die kern van die stel is die 108 teëls van verskillende soorte wat ontstaan het na aanleiding van Chinese geldgebaseerde speelkaarte. Die Wind- en vier Seisoenteëls kom al in die vroegste stelle voor. Die ereteëls bekend as Drake het teen 1980 tot hulle huidige vorm ontwikkel, saam met 'n nuwe speelstyl bekend as Zhōngfā (中發).Stanwick, Michael, 'Mahjong(g) Before Mahjong(g): Part 2'. In: The Playing-Card, Vol. 32, No. 5, 2004, pp. 206–215. Blomteëls, voorheen bekend as Buiteblomme, (外花, wàihuā), is eers teen die 1920's algemeen aanvaar. In teenstelling daarmee bevat baie ou stelle wildekaarte met spesifieke magte bekend as die Binneblomme (裏花, lǐhuā). Hulle het uit die grootste deel van China verdwyn, maar word nog in Viëtnam aangetref.Sloper, Tom. Is my set complete? at sloperama.com. Besoek op 16 Mei 2016.

Inhoud Volle stel

Nommers123456789SoortSirkels50px50px50px50px50px50px50px50px50pxBamboes50px50px50px50px50px50px50px50px50pxKarakters50px50px50px50px50px50px50px50px50pxEreteëlsWindeDrakeBonusOosSuidWesNoordRooiGroenWitSeisoeneBlomme50px50px50px50px50px50px50px25px25px25px25px25px25px25px25px

'n Stel mahjongteëls verskil gewoonlik van plek tot plek. Dit bevat meestal minstens 136 teëls (vier elk van die soort- en ereteëls), maar meestal 144. Stelle wat in die VSA en Suidoos-Asië ontstaan het, sal gewoonlik meer teëls bevat in die vorm van blomme of jokers. Sommige stelle bevat ook blanko teëls waarmee die eienaar beskadigde of vermiste teëls kan vervang.

Mahjongteëls kan in verskeie kategorieë verdeel word:

Soortteëls Soortteëls (序數牌, xùshùpái) het 'n soort en 'n rang. Daar is drie geldgebaseerde soorte met range van 1 tot 9. Daar is vier teëls van elke soort-en-rang-kombinasie, en dus is daar 36 teëls in 'n soort en altesaam 108 soortteëls. As 'n mens na een van dié kaarte verwys, noem jy eers die rang en dan die soort. Die 1's en 9's van elke soort word die "terminale teëls" genoem. Soortteëls kan gebruik word om pakkies te vorm.

Sirkels Die Sirkelteëls (ook die Kol-, Munt- of Wielteëls; 筒子, tǒngzi) word deur 'n reeks sirkels verteenwoordig.

50px|1 Circle50px|2 Circle50px|3 Circle50px|4 Circle50px|5 Circle50px|6 Circle50px|7 Circle50px|8 Circle50px|9 Circle

150px|thumb|120px|Die sirkels verteenwoordig kopermunte soos dié een.

Die 1 Sirkel is gewoonlik 'n groot sirkel van verskeie kleure, terwyl die res van die teëls kleiner sirkels van een kleur per sirkel ophet. Die 2 Sirkel het 'n groen en blou sirkel; die 3 Sirkel het 'n groen, rooi en blou sirkel wat diagonaal gerankskik is; die 4 Sirkel het twee blou en twee groen sirkels, met kleure in 'n vierkant in teenoorgestelde hoeke; die 5 Sirkel lyk nes die 4, met 'n ekstra sirkel in die middel (waarvan die kleur van stel tot stel wissel); die 6 Sirkel bestaan uit twee groen sirkels bo en vier rooi sirkels onder, met 'n spasie tussen die kleure; die 7 Sirkel lyk nes die 6, maar het bo drie groen sirkels wat diagonaal gerankskik is; die 8 Sirkel het agt blou sirkels wat twee-twee gerangskik is; en die 9 Sirkel het drie elk groen, rooi en blou sirkels, en elke kleur vorm 'n ry (die middelste ry is altyd rooi, terwyl die ander kleure wissel).

Die sirkels verteenwoordig ou Chinese kopermunte.

Bamboes 120px|thumb|Stringe munte. Die Bamboesteëls (ook Stok- of Stringteëls; 索子, suǒzi) het stokke op. {Die 1 Bamboes het 'n voël op, soos 25px|1 Bamboes, 25px|1 Bamboes of 25px|1 Bamboes).

50px|1 Bamboes50px|2 Bamboes50px|3 Bamboes50px|4 Bamboes50px|5 Bamboes50px|6 Bamboes50px|7 Bamboes50px|8 Bamboes50px|9 Bamboes

Die 2, 3, 4, 6 en 8 Bamboes bestaan uit slegs groen stokke (of blou en groen stokke). Die middelste stok van die 5 Bamboes, die boonste stok van die 7 Bamboes en die middelste ry stokke van die 9 Bamboes is rooi. Sommige stelle het verskeie blou stokke. Vier van die 8 Bamboes se stokke vorm 'n M en die ander vier stokke 'n spieëlbeeld.

Die stokke verteenwoordig eintlik stringe tou wat elk 100 Chinese kopermunte saambind. Die knoetse in die stokke verteenwoordig die individuele munte in die stringe, maar is deur die Amerikaner Joseph Park Babcock, wat die spel gewild gemaak het, as die knoetse van die bamboesplant aangesien, vandaar die naam Bamboes vir die soort. Die 1 Bamboes, wat gewoonlik 'n voël uitbeeld, word dikwels "die Swaeltjie" (麻雀, má què) genoem.

Karakters Die Karakterteëls (ook Nommer- of Miriadeteëls; 萬子/万子, wànzi) word deur Chinese karakters verteenwoordig.

50px|1 Character50px|2 Character50px|3 Character50px|4 Character50px|5 Character50px|6 Character50px|7 Character50px|8 Character50px|9 Character

Die rang van die teël word bo met Chinese nommers in blou aangedui, terwyl die onderste karakter (萬 wàn, "miriade" / "10 000") in rooi is. Ouer stelle met handgegraveerde teëls het die kursiewe karakter 万 gebruik. Die meeste stelle gebruik die karakter 伍 (25px|5 Character) vir 5 in plaas van 五 (25px|5 Character).

Die miriade is eintlik 100 stringe munte. 'n Miriade is gelyk aan 10 000 munte, of 100 stringe met 100 munte elk (1萬=100索×100銅).

Ereteëls Ereteëls (字牌, zìpái) het nie 'n rang of soort nie maar hulle word nes soortkaarte in pakkies gebruik. Hulle word in twee kategorieë verdeel: vier Windteëls (風牌/风牌, fēngpái) en drie Draketeëls (三元牌, sānyuánpái). Daar is vier van elk, dus 16 Windteëls en 12 Draketeëls, wat altesaam 28 is.

Windteëls Die vier soorte Windteëls is:

Oos (東/东, dōng), Suid (南, nán) Wes (西, xī) Noord (北, běi)

Hulle Chinese karakters is gewoonlik in blou:

50px|East Wind50px|South Wind50px|West Wind50px|North Wind

Elke Windteël stem ooreen met 'n punt op die kompas en hulle word in blou tradisionele Chinese karakters geskryf, selfs in stelle waar die Karakterteëls in vereenvoudigde Chinees is.

Draketeëls Die drie soorte Draketeëls is:

50px|White Dragon50px|Green Dragon50px|Red Dragon of 50px|White Dragon50px|Green Dragon50px|Red Dragon of 50px|White Dragon50px|Green Dragon50px|Red Dragon Wit (白板, báibǎn) – 'n teël wat blanko kan wees, soos 25px|White Dragon, hoewel die meeste moderne stelle 'n wit teël met 'n blou rand gebruik (soos 25px|White Dragon of 25px|White Dragon) om dit van vervangingsteëls te onderskei. Groen (發財/发财, fācái) – 'n teël met 'n groen tradisionele Chinese character (發), selfs in stelle waar die Karakterteëls in vereenvoudigde Chinees is. Soms word die variante karakter 𤼵 (癶 oor 弓矢 in plaas van 弓殳) gebruik. Dit is 'n inkrimping van 發財/发财 (fā cái), wat losweg beteken "om 'n fortuin te maak". Dié teël is nie in die vroeë stelle gebruik nie.Lo, Andrew, 'China's Passion for Pai: Playing Cards, Dominoes, and Mahjong'. In: Asian Games: The Art of Contest, Colin Mackenzie and Irving Finkel, eds. Asia Society. 2004. pp. 217–231. Rooi (紅中/红中, hóngzhōng) – 'n teël met 'n rooi tradisionele Chinese karakter (中) wat "middel" beteken. Sommige teëls het die tradisonele Chinese karakter 龍 (25px|Red Dragon) of 'n rooi draakikoon.

Die Chinese naam vir die Draketeëls beteken "drie fundamentele teëls" (三元牌). Hulle is ook bekend as die Pylteëls (箭牌). Die naam Draketeëls is deur Babcock uitgedink. Hulle word ook soms "kardinale teëls" genoem. Hulle kan ook in pakkies gebruik word en sorg altyd vir bonuspunte.

Bonusteëls Daar is twee stelle bonusteëls, Blomme en Seisoene. Hulle speel 'n unieke rol in die spel. As 'n speler een van hulle kry, word hulle nie in die speler se hand opgeneem nie, maar eenkant gesit. Hulle kan gebruik word om bonuspunte te kry. 'n Ekstra teël word dan in sy plek getrek.

Anders as die soort- en ereteëls, is daar net een van elk van die bonusteëls, dus vier Blom- en vier Seisoenteëls.

+ Blomme No. Foto Naam Karakter Rigting 1 50px Pruimbloeisel 梅 Oos 2 50px Orgidee 蘭 Suid 3 50px Krisant 菊 Wes 4 50px Bamboes 竹 Noord + Seisoene No. Beeld Naam Karakter Rigting 1 50px Lente 春 Oos 2 50px Somer 夏 Suid 3 50px Herfs 秋 Wes 4 50px Winter 冬 Noord

Dit is nie nodig om die name of Chinese karakters van die bonusteëls te onthou nie; net die nommer, want dit word verbind met 'n sekere rigting. Die spleler kry bonuspunte as die bonusteël met die sitplekrigting ooreenstem.

Voorkoms thumb|240px|Van links: Teëls van been, plastiek en bamboes.

Mahjongteëls is tradisioneel van been gemaak, dikwels met 'n rug van bamboes. Moderne stelle word meestal van verskillende soorte plastiek gemaak. 'n Paar stelle is van ivoor of jade gemaak, maar hulle is baie skaars. Ongeag die materiaal wat gebruik word, word die simbole op hulle altyd gegrafeer of in die materiaal gedruk.

Groottes word gewoonlik in twee kategorieë verdeel: die groter teëls van die Chinese vasteland en die kleiner teëls wat in die VSA, Taiwan en Japan gebruik word. In eersgenoemde kategorie is die volgende vier groottes rofweg gestandaardiseer: Grootte 8: 39 × 30 × 23 mm Grootte 7,5: 38 × 28 × 22 mm Grootte 7: 36 × 26 × 21 mm Grootte 6: 34 × 25 × 19 mm

Die verhouding van lengte tot dikte moet groter wees as 1:1,5, sodat die teëls regop kan staan. Chinese spelers gebruik nie rakke vir hulle teëls tydens die spel nie.

Die lengtes in die tweede kategorie wissel rofweg tussen 25 en 30 mm. Die Japannese teëls is klein, maar baie dik sodat hulle regop kan staan. Japannese spelers gebruik ook nie rakke nie, terwyl die Amerikaanse spelers rakke en dunner teëls gebruik.

Verwysings

Skakels The Mahjong Tile Set

Kategorie:Bordspeletjies