Joshua Walter Kimmich (gebore 8 Februarie 1995) is ’n Duitse professionele sokkerspeler wat as regteragter of verdedigende middelvelder vir die Bundesligaklub Bayern München speel, en die Duitse nasionale span aanvoer as kaptein. Kimmich is bekend vir sy veelsydigheid, aggressie en spelmaakvermoë, en is al vergelyk met Philipp Lahm, die voormalige kaptein vir Bayern München en die nasionale span.

Nadat hy sy ontwikkeling in RB Leipzig se jeugakademie voltooi het, het Kimmich in 2013 vir die klub se eerste span begin speel. Twee jaar later het hy by Bayern München aangesluit. In die 2019/20-seisoen het hy die kontinentale drieslag met Bayern München gewen (UEFA Champions League, die Bundesliga en die DFB-Pokal), en hy is in die UEFA-span van die jaar opgeneem.

Hy het net voor die Europese Sokkerkampioenskap in 2016 sy debuut vir die Duitse senior nasionale span gemaak, en is in September 2024 as die span se kaptein aangewys.

Verwysings

Kategorie:Duitse sokkerspelers Kategorie:Geboortes in 1995 Kategorie:Lewende mense