Philipp Lahm (gebore 11 November 1983) is ’n voormalige Duitse professionele sokkerspeler. Hy word wyd beskou as een van die beste verdedigers ooit. Hy kon sowel as regs- as linksagter speel, en is in 2013 onder afrigter Pep Guardiola omskep tot verdedigende middelveldspeler. Hy het in 2003 vanuit die jeugspan van Bayern München deurgekom, waar hy sy hele loopbaan onder kontrak gestaan het en in Januarie 2011 Mark van Bommel as kaptein opgevolg het.
Van 2004 tot en met 2014 was hy ook lid van die Duitse nasionale span, waarvoor hy 113 wedstryde gespeel het en in sy laaste fase ook as kaptein gedien het. Die hoogtepunte in sy loopbaan was die oorwinning in die 2014 FIFA Wêreldbeker. Hy het ook die Bundesliga agt keer gewen tussen 2006 en 2017, sowel as die Duitse beker ses keer en die UEFA Champions League in 2013.
Verwysings
Kategorie:Duitse sokkerspelers Kategorie:Geboortes in 1983 Kategorie:Lewende mense