Steve is 'n dramarolprent van 2025 wat deur Tim Mielants geregisseer en deur Max Porter geskryf is, geskoei op sy novelle van 2023, Shy. Van die hoofakteurs is Cillian Murphy, Tracey Ullman, Jay Lycurgo, Simbi Ajikawo en Emily Watson.

Steve se première was in 2025 op die internasionale rolprentfees in Toronto en dit is daarna op 19 September 2025 in uitgesoekte teaters in die VK en die VSA uitgereik. Op 3 Oktober het dit sy debuut op Netflix gehad.

Dit gaan oor Steve, die hoof van 'n skool vir kinders met gedragsprobleme.

Tracey Ullman vertolk die rol van Amanda, die onderhoof, en Jay Lycurgo dié van Shy, een van die probleemseuns in die skool.

Rolverdeling

Cillian Murphy as Steve Tracey Ullman as Amanda Jay Lycurgo as Shy Simbi Ajikawo as Shola Emily Watson as Jenny Douggie McMeekin as Andy Youssef Kerkour as Owen Luke Ayres as Jamie Joshua J. Parker as Riley Araloyin Oshunremi as Benny Tut Nyuot as Tarone Tom Moya as Paul Ahmed Ismail as Nabz Joshua Barry as Ash Archie Fisher as Posh Cal Ben Lloyd-Hughes as Julian Priyanga Burford as Kamila George Fouracres as Angus Marcus Garvey as Geoff Ruby Ashbourne-Serkis as Charlotte Roger Allam as sir Hugh Montague Powell

Ontvangs Op Rotten Tomatoes was 77 van 88 resensies positief. Murphy se spel word geprys. Damon Wise van Deadline Hollywood skryf die rolprent “glip teen ’n verbasend vinnige tempo verby” en “pak baie diep denke in ’n oënskynlik ligte verhaal in”.

Steve is benoem vir die British Independent Film Awards van 2025, onder meer vir beste akteur (Murphy) en beste manlike byspeler (Lycurgo).

Verwysings

Skakels

Kategorie:Britse rolprente