Sterculia appendiculata is 'n boom wat deel van die Malvaceae-familie vorm. Die spesie is inheems aan die laagliggende dele van Kenia, Malawi, Mosambiek (Niassa, Tete, Manica en Sofala), Somalië en Tanzanië. Hulle vorm dikwels boomplate aan die voet van heuwels en inselberge of in die nabyheid van riviere, en is maklik aan hul groeivorm, buitengewone grootte en gladde, liggrys bas herkenbaar. In Engels staan dit as die tall sterculia bekend, en dit het etlike plaaslike inheemse name, waaronder mfune of msefu in Swahili.

Omdat die hout sag is, is hulle dikwels die enigste hoë bome wat in gedegradeerde boomveld oorbly. Roofvoëlneste wat in hul blaredak gebou word, bly dus bo die digte rook van die droëseisoen se gereelde brande. In Tanzanië is aangeteken dat bruinarende in hulle nesmaak, en in Mosambiek weer kroonarende.

Galery

Bron Plants of the World

Verwysings

appendiculata Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Somalië Kategorie:Flora van Tanzanië