Livingstone se bome is 'n besondere groep anabome in Limpopo wat tot natuurmonument verklaar is.
Ligging Die klompie bome is in die Vaaltyn-woonbuurt, 'n 15 km noordwes van Mokopane.
Bome Daar is 8 volgroeide bome wat wissel in hoogte tussen die 18 en 24 m en die grootste het 'n omtrek van ongeveer 6 m op borshoogte. Vroeë bewoners van die omgewing het die bome as heilig beskou. Volgens oorlewering het David Livingstone in die skadu van die bome gekampeer en die Voortrekkers daaronder vergader. In 1949 is dit tot gedenkwaardigheid verklaar.
Trivia 'n Ander anaboom van historiese belang staan naby Pietersburg. Dit is na bewering deur Louis Trichardt geplant.
Lees ook Kampioenboom
Bronnelys Oberholster, J.J.: Die historiese monumente van Suid-Afrika. Kaapstad: Kultuurstigting Rembrandt van Rijn vir die Raad vir Nasionale Gedenkwaardighede, 1972 Palgrave, Keith Coates: Trees of Southern Africa. Kaapstad: Struik, 1993.
Verwysings
Kategorie:Bome Kategorie:Monumente en gedenkwaardighede in Suid-Afrika