Amsterdamhoek is een van die noordoostelike woonbuurte van Gqeberha, geleë aan die Swartkopsrivier en ‘n 10 km uit die middestad.

Amsterdamvlakte Hierdie streek is tussen die Coegarivier, die Swartkopsrivier en die see. In die gebied lê ook Motherwell, Coega, Blouwaterbaai, Markman en St. George’s Strand. Hierdie is woongebiede, vakansieoorde en nywerheidsterreine.

Naam Die Nederlandse oorlogskip Amsterdam onder kapt. Hofmeyr het op 16 Desember 1817 hier by 33° 51′ 54″ suid en 25° 38′ 6″ oos vergaan. Op sy reis van Batavia het die skip begin lek en met behulp van onder andere Frederick Korsten kon alle opvarendes op drie na gered word. Helaas het die hele vrag bestaande uit unieke skatte uit Java bestem vir die Nederlandse koning verlore geraak. Berging daarvan is onmoontlik omdat die wrak in diep sand lê.

Bibliografie Turner, Malcolm: Shipwrecks & Salvage in South Africa – 1505 to the present. Kaapstad: Struik, 1988. 

Kategorie:Skeepswrakke Kategorie:Voorstede van Port Elizabeth Kategorie:Streke van die Oos-Kaap