duimnael|Deirdre Nansen McCloskey Deirdre Nansen McCloskey (gebore Donald Nansen McCloskey; 11 September 1942) is 'n Amerikaanse ekonoom en akademikus. Sedert 2023 is sy 'n "Uitstaande Geleerde" en houer van die Isaiah Berlin-leerstoel in Liberale denke aan die Cato-instituut in Washington, D.C. Van 2000 tot 2015 het sy klas gegee aan die Universiteit van Illinois in Chicago, waar sy Uitnemende Professor in Ekonomiese Geskiedenis en Professor in Engels en Kommunikasie was.McCloskey CV 2018 uic.edu Gedurende daardie jare het sy (as besoeker) ekonomiese geskiedenis aan die Universiteit van Gotenburg, ekonomie aan die Vrye Universiteit en filosofie aan die Erasmus Universiteit Rotterdam doseer.

McCloskey besit twaalf eredoktorsgrade. Sy het gedien as president van die Social Science History Association en die Economic History Association. As medestigter van die Cliometrics Society is sy 'n genoot van die American Academy of Arts and Sciences en van die American Association for the Advancement of Science, en was sy 'n genoot van die Guggenheim-stigting, die National Endowment for the Humanities en die Institute for Advanced Study. Haar navorsingsbelangstellings sluit onder andere die ekonomiese en politieke oorsprong van die moderne wêreld, die misbruik van statistiese betekenisvolheid in ekonomie en ander wetenskappe, Britse ekonomiese geskiedenis, die retoriek van ekonomie, en die geskiedenis en filosofie van liberalisme in.

Verwysings

Kategorie:Ekonome Kategorie:Geboortes in 1946 Kategorie:Lewende mense