duimnael|Die dwerge van Germaanse mitologie is 'n voorbeeld ven mensoïede wesens. 'n Mensoïed of humanoïd is 'n nie-menslike entiteit met menslike vorm of eienskappe. Teen die 20ste eeu het die term fossiele beskryf wat morfologies soortgelyk was, maar nie identies, aan dié van die menslike skelet.

Alhoewel hierdie gebruik vir 'n groot deel van die 20ste eeu algemeen in die wetenskappe was, word dit nou as skaars beskou. Meer algemeen kan die term verwys na enigiets met duidelike menslike eienskappe of aanpassings, soos besit van duime, sigbare spektrum-binokulêre visie (d.w.s. om twee oë te hê), of biomeganiese plantigrade-bipedisme (d.w.s. die vermoë om op hakke en metatarsale in 'n regop posisie te loop).

Mensoïede kan ook mens-dier-hibriede (waar elke sel gedeeltelik menslike en gedeeltelik dierlike genetiese inhoud het) insluit.

Wetenskapfiksie media bied gereeld bewuste buiteaardse lewensvorme as mensoïed aan, as 'n neweproduk van konvergente evolusie.

Sien ook Hominidae Panspermie Primaat Robotika Vermensliking

Verwysings

Kategorie:Vermensliking Kategorie:Wetenskapfiksie-temas