Die reisverhale van Johan Splinter Stavorinus (*Middelburg, Nederland, gedoop 4 Junie 1739 - †Middelburg, November 1788) gee ‘n goeie en belangrike beskrywing van Kaapstad, sy inwoners en omgewing in die tweede helfte van die 18de eeu.
Joernale Stavorinus was ‘n seeman en later kaptein in die destydse Nederlandse vloot. Op sy reise na die Nederlandse kolonies in Asië het hy uitgebreide aantekeninge gemaak van sy wedervaringe. Hy besoek die Kaap die Goeie Hoop in 1768, 1771 en weer aan die einde van 1777 en toe bly hy selfs ‘n maand. In 1793 en 1798 publiseer sy seun na sy vader se dood die reisjoernale waarin interessante besonderhede oor die Kaap verskyn. Die boeke word daarna in Duits, Frans en Engels vertaal.
Inhoud In die boeke lewer hy kommentaar oor ‘n besondere wye aantal aspekte van die lewe aan die Kaap, byvoorbeeld oor die inheemse bevolking, die Hugenote, die kasteel, godsdiens, kleredrag, die weer en getye, grondvrugbaarheid, koring, wingerde en wynmaak, plaasdiere, flora en fauna, geld, soldate, die Politieke Raad en die Raad van Justisie, dominees, berge, riviere, Tafel-, Hout- en Valsbaai, Robben- en Dasseneiland en hy besoek Stellenbosch en Drakenstein. Ander interessante opmerkings is dat die blanke bevolking van die Kaap saamgestel is uit ‘n wye groep Europese volkere, maar toe reeds so een geword het dat die afkoms nie meer van die een tot die ander onderskei kan word nie. Die huise aan die Kaap is amper almal enkelverdiepinggeboue met rietdakke. Met sy perd het hy op Vishoek se strand gery en moes hy baie versigtig wees om nie in die dryfsand vas te val nie.
Bibliografie https://books.google.co.za/booksid=Ci0LAAAAYAAJ&printsec=frontcover&redir_esc=y#v=onepage&q&f=false Moore, Cornelia N.: Johan Splinter Stavorinus’ “Voyages to the East Indies”, Patriot in an Age of Reason. https://caans-acaen.ca/Journal/issues_online/Issue_XII_i_1991/Moore-JohanSplinterStavorinus....pdf
Kategorie:Geboortes in 1739 Kategorie:Sterftes in 1788 Kategorie:Geskiedenis van Suid-Afrika