Die Noord-Queensland-stadion (Engels: North Queensland Stadium), om borgskapredes ook bekend as die Queensland Country Bank-stadion (Queensland Country Bank Stadium), is 'n rugbystadion in Railway Estate, 'n voorstad van Townsville, Queensland, Australië. Dit is die tuisveld van die North Queensland Cowboys wat aan die National Rugby League (NRL) deelneem.

Geskiedenis As deel van Australië se FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022-bod in 2010 het 'n ontleding van Townsville se bestaande Willows Sports Complex 'n totale herontwikkeling van die terrein voorgestel en sleutelkwessies uiteengesit, insluitend die groeikoers van die omliggende voorstede en die onversoenbaarheid met die aanbieding van groot geleenthede in 'n groeiende residensiële sentrum, asook beperkte toegang tot openbare vervoer. In Augustus 2011 het die Bligh-regering 'n konsepontwerp vir 'n nuwe binnestad vrygestel vir 'n $185 miljoen sportstadion in Suid-Townsville. Die konsepplan het 'n stuk grond van 17,28 hektaar geïdentifiseer, begrens deur Saundersstraat en in besit van QR National, as die ideale terrein vir 'n nuwe stadion van internasionale standaard.

Die stadion met 30 000 sitplekke sou 100 opelug-korporatiewe losies en 25 geslote korporatiewe suites insluit. Die voorsitter van die North Queensland Cowboys, Laurence Lancini, het die konsep ondersteun en gesê dat die verskuiwing van die Cowboys se tuisveld na die binnestadse terrein nie net die klub sou bevoordeel nie, maar die hele stad. Twee maande voor die bekendstelling van die konsep het die destydse premier van Queensland, Anna Bligh, Townsville tot die hoofstad van Noord-Queensland verklaar en die belangrikheid van sportgeleenthede en vermaak in die Townsville Futures Plan uiteengesit. Wayback Machine Die volgende jaar het Bligh en die Queensland Labour Party die 2012 Queensland-staatsverkiesing verloor, wat daartoe gelei het dat die Queensland Liberale Nasionale Party nie die Townsville Futures Plan aangeneem het nie.

Die konsep van 'n nuwe stadion vir Townsville is weer op die agenda geplaas in die aanloop tot die Queensland-staatsverkiesing in 2015. In Desember 2014 het die Queenslandse opposisieleier, Annastacia Palaszczuk, belowe dat die Queensland Arbeidersparty $100 miljoen sou verskaf in befondsing vir 'n nuwe stadion in Townsville se sentrale sakekern, sou hulle die verkiesing wen. In Januarie 2015 het die destydse premier, Campbell Newman, $150 miljoen se befondsing vir dieselfde projek aangekondig wat deur die verkoop van staatsbates befonds sou word.

Konstruksie Die bouwerk aan die stadion is uitgevoer deur BESIX Watpac, het op 18 Augustus 2017 begin, North Queensland Stadium construction to start en dit is in Februarie 2020 voltooi. Countdown to kick-off Cowboys' new stadium design revealed – League – Inside Sport

BESIX Watpac het met 'n inheemse deelnamedoelwit van 6,6% begin. Hierdie syfer het amper verdubbel tot 11,9%, wat gelykstaande is aan meer as 122 065 ure wat deur die inheemse werksmag onderneem is.

Die projek het by die 2020 Master Builders Queensland-konstruksietoekennings vir Noord-Queensland drie toekennings verower: Projek van die Jaar, Beste Sportfasiliteit en Uitnemendheid in Werksplekgesondheid en -veiligheid.

Naam In 2014 is in 'n befondsingsvoorstel voorgestel dat die stadion amptelik as Stadium Northern Australia bekend moet staan. Volgens planne van Desember 2016 sou die stadion as North Queensland Stadium bekend staan. North Queensland Stadium design

Op 12 Desember 2019 is aangekondig dat Queensland Country Credit Union die amptelike naamregteborg van die stadion sou wees, met die plek wat kommersieel bekend sou staan as Queensland Country Bank Stadium.

Vervoer 'n Nuwe voetgangerbrug oor Ross Creek vanaf Blackwoodstraat is die beplande verbinding tussen die Townsville-middestad en die stadion. 'n Voetgangerbrug oor Ross Creek bestaan reeds 200 meter suid van die projekterrein in Fletcherstraat. Die Townsville-treinstasie is ongeveer 300 meter vanaf die Fletcherstraat-voetgangerbrug en 500 meter vanaf die stadionterrein geleë. Die nuwe Reid Park-brug is oor die spoorlyn gebou gelyktydig met die konstruksie van die stadion om voetgangerbeweging te vergemaklik. Die projek is deur Lid vir Townsville, Scott Stewart, geprys as "krities om die doeltreffende werking van die Noord-Queensland-stadion te verseker." Verskeie bushaltes omring ook die stadionterrein, met 'n nuwe hoofbusterminaal in Ogdenstraat, Townsville City.

Sportsoorte Rugbyliga Die Noord-Queensland-stadion is sedert 2020 die permanente tuisveld van die North Queensland Cowboys-mansspan en het sedert 2023 'n paar tuiswedstryde vir die vrouespan aangebied. Daarbenewens het dit die mans- en vroue se 2021 All Stars-wedstryd, die eerste wedstryd van die State of Origin-reeks 2021 en twee eindstryde in die NRL-seisoen 2021 aangebied. In 2023 het die stadion die tweede Women's State of Origin-wedstryd en wedstryde in die Stille Oseaan-kampioenskappe aangebied. In 2024 het dit die All Stars-wedstryd 2024 aangebied en Wedstryd 3 van die Women's State of Origin 2024 is hier gespeel.

Sokker Op 4 Maart 2020 is aangekondig dat die A-ligaspan Brisbane Roar op 11 Julie 2020 teen die Premierliga-klub Crystal Palace sou speel. Dit is egter onbepaald uitgestel weens die wêreldwye Covid-19-pandemie. In April 2022 is aangekondig dat Brisbane Roar 'n vriendskaplike wedstryd teen die Premierliga-klub Aston Villa sou speel, wat op 20 Julie 2022 plaasgevind wat die Engelse klub met 1–0 gewen het.

Op 8 April 2022 het die stadion 'n internasionale vriendskaplike vrouewedstryd tussen Australië en Nieu-Seeland aangebied, wat Australië met 2-1 gewen het.

Rugby In Augustus 2021 is daar aangekondig dat op Saterdag, 25 September, Suid-Afrika en Nieu-Seeland hulle historiese 100ste toetswedstryd op die Noord-Queensland-stadion sou speel. Dié wedstryd, wat deur die All Blacks gewen is, is opgevolg deur die wedstryd tussen Australië en Argentinië. Dié wedstryde was deel van die 2021-Rugbykampioenskapreeks.

In 2023 het die Superrugbyspan Queensland Reds aangekondig dat hulle as deel van hulle 140-jarige herdenkingseisoen twee wedstryde op die stadion sou speel.

Die Superrugby-vroue-eindstryd 2023 is ook op die stadion beslis waartydens die Queensland Reds met 30–38 teen Fijian Drua vasgeval het.

Die Noord-Queensland-stadion sal ook tydens die Rugbywêreldbeker 2027 gebruik word.

Rugbywêreldbeker 2027

DatumSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers 3 Oktober 2027 Groep B 9 Oktober 2027 Groep A 15 Oktober 2027 Groep F 17 Oktober 2027 Groep C

Fotogalery

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf

Kategorie:Rugbystadions in Australië Kategorie:Rugbywêreldbekerstadions Kategorie:Sokkerstadions in Australië Kategorie:Queensland